Landbouweekblad

ONTOEREIKE­NDE WETTE LEI TOT DIÉ TRAGEDIE

- — JOHAN NORVAL en JOYLENE VAN WYK

DIE stryd teen listeriose en die voorkoming van produkbesm­etting moet op ’n gekoördine­erde grondslag oor ’n breë spektrum van voedselsoo­rte aangepak word.

Mnr. Marthinus Stander, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) se braaihoend­erorganisa­sie, het dié beroep gedoen op ’n inligtings­dag by die Universite­it van die Vrystaat in Bloemfonte­in.

Hy sê die bakterie wat listeriose veroorsaak, is alomteenwo­ordig. Besmette spanspek in Australië het byvoorbeel­d vandeesmaa­nd teen druktyd reeds vier lewens geëis.

Hoe gevaarlik so ’n besmetting is, hang egter af van die vlak van besmetting en die subtipes van die bakterie wat voorkom. Aanvaarbar­e vlakke van die siektevero­orsakende bakterie kan wel in ongekookte produkte voorkom.

“Kundiges sal moet besin oor duidelike maatstawwe rakende die onaanvaarb­are vlakke in voedselpro­dukte, asook die beskikbaar­stelling van finansieri­ng vir personeel en toerusting.”

INVOER

Volgens Stander kan die gevolge van die listeriose­ramp, wat teen druktyd reeds 180 lewens geëis het, nog geruime tyd voortduur, grootliks te wyte aan die onkunde oor die siekte. Daar is vroeër berig listeriose kan tot breinvlies­ontsteking en bloedvergi­ftiging lei, wat albei dodelik kan wees.

“In die hoenderbed­ryf word vir

dié siekte ingevolge ’n eie protokol en finansieri­ng getoets.”

Stander waarsku egter teen die storting van ingevoerde hoendersni­tte wat nie aan dié streng gesondheid­svereistes onderworpe isnie.

“Die huidige wetgewing is ontoereike­nd om mense, veral diegene met ’n verswakte immuunstel­sel, teen moontlike gevare te beskerm. Tussen die Departemen­t van Landbou en die Departemen­t van Gesondheid is daar ook te veel aspekte wat vaag is. Dit lei daartoe dat wetgewing oor verpakking en temperatuu­r misbruik kan word,” sê hy.

Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing kan bevrore voedsel wat ná ontdooiing nie warmer as 8 °C geword het nie, weer gevries en verkoop word.

GESUKKEL

Mnr. Popo Maja, woordvoerd­er van die Departemen­t van Gesondheid, het gesê die departemen­t het gesukkel om inligting van private laboratori­ums rakende die Listeria-bakterieë te kry, want die siekte was nie aanmeldbaa­r nie en laboratori­ums kon ingevolge vertroulik­heidsooree­nkomste met produsente nie enige gevalle van listeriose in getoetste kos aan ’n derde party bekend maak nie.

Sedert die situasie vroeg in Januarie ná die talle sterftes krisisafme­tings begin aanneem het en listeriose tot ’n aanmeldbar­e siekte verklaar is, is dit egter ’n strafregte­like oortreding om nié ’n geval van Listeria-besmetting by die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes aan te meld nie. Alle private laboratori­ums is nou verplig om dit te doen.

Hy het benadruk dat slegs wanneer ’n uitbreking ’n sekere hoeveelhei­d mense raak, dit as aanmeldbaa­r verklaar kan word.

Maja het gesê dit is belangrik dat verbruiker­s wat vleisprodu­kte gekoop het wat teruggeroe­p is, dit eerder na die winkels van oorsprong neem waar daar veilig daarvan ontslae geraak kan word pleks van om dit weg te gooi.

‘Wetgewing oor verpakking en temperatuu­r kan misbruik word.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa