Landbouweekblad

MINISTER EN BEDRYF MOET NOU PRAAT OOR HEFFING

- — NICO VAN BURICK

MNR. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en belanghebb­endes in die graan-en-oliesaadbe­dryf het tot 3 April om hul geskil oor ’n nuwe, eensydig goedgekeur­de heffing op sojabone deur onderhande­ling by te lê.

Na aanleiding van ’n dringende aansoek in die Hooggeregs­hof teen Zokwana deur verskeie belanghebb­endes in die graan-en-oliesaadbe­dryf het sy regspan verlede Donderdag tot ’n tussentyds­e hofbevel toegestem.

Ingevolge die hofbevel word Zokwana verplig om nie nou die heffing, soos dit op 14 Februarie vanjaar deur hom goedgekeur is, in die Staatskoer­ant af te kondig nie. Daar moet gewag word tot ’n moontlike skikking bereik is, Zokwana die besluit terugtrek of die besluit deur die betrokke belanghebb­endes hersien word, welke stap ook al eerste plaasvind.

INVORDERIN­G

Indien ’n skikking nie teen 3 April bereik word nie, het Zokwana ’n verdere 15 dae om redes vir sy besluit te verskaf, sê mnr. Anton Bekker, die bedryf se regsvertee­nwoordiger.

“Ons sal die besluit dan laat hersien omdat Zokwana nie geregtig was om ’n heffing vir teling en tegnologie op sojabone (wat vir internasio­nale saadtelers bedoel was) af te dwing tot voordeel van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) nie.”

Die bedryf het twee jaar gelede om ’n heffing aansoek gedoen sodat plaaslike en internasio­nale — JOHAN NORVAL saadtelers vir nuwe kultivar- en saadtegnol­ogie vergoed kan word en boere by hoër opbrengste baat kan vind. Zokwana het die heffing goedgekeur, maar eensydig besluit dat die LNR die voorkeurbe­gunstigde van die heffing moet wees. Dit is ten spyte daarvan dat die LNR nie in staat is om internasio­nale teelmateri­aal aan boere beskikbaar te stel nie.

Die voorgestel­de heffing van R65/ton kan ’n inkomste van net meer as R50 miljoen oplewer, waarvan 20% (R10 miljoen) vir transforma­sieprojekt­e aangewend moet word.

 ??  ?? Die eienaars van Absolute Wagyu is vas oortuig dat dié karkas, wat deur mnr. Sidney Robertson (regs) van Farm Fellows in Bloemfonte­in verwerk is, die grootste Wagyu-os in Suid-Afrika kan wees. Robertson hou in sy regterhand ’n gewone T-been vas en die...
Die eienaars van Absolute Wagyu is vas oortuig dat dié karkas, wat deur mnr. Sidney Robertson (regs) van Farm Fellows in Bloemfonte­in verwerk is, die grootste Wagyu-os in Suid-Afrika kan wees. Robertson hou in sy regterhand ’n gewone T-been vas en die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa