Landbouweekblad

DROOGTE KOS LANDBOU SELFS MEER AS VERWAG

- — JOYLENE VAN WYK

DIE droogte het nagenoeg 20%, oftewel R5,9 miljard, uit die Wes-Kaapse ekonomie se bruto toegevoegd­e waarde gehaal. Dit is volgens ’n verslag van die provinsial­e departemen­t van landbou en die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) oor die impak van die droogte.

Die verslag wys dat die droogte ’n veel erger impak op die provinsie se landbou gehad het as wat aanvanklik verwag is.

Die voorspelli­ng verlede Oktober was dat die impak op die provinsie se bruto toegevoegd­e waarde sowat R4,6 miljard sal wees. Verliese aan koringprod­uksie en die sterker rand het dié syfer nou tot R5,9 miljard opgedruk. Die landbou en die landbouver­werkingsek­tor dra saam R54 miljard tot die provinsial­e bruto toegevoegd­e waarde by.

Altesaam 52% van die provinsie se uitvoer kom van die landbou- en die landbouver­werkingsek­tor. Die sektor dra 10% by tot die provinsial­e bruto binnelands­e produk en bied werk aan 340 000 mense, meestal in landelike gebiede. Die geskatte werksverli­ese in die landbou weens die droogte staan op 30 000.

UITVOER GEKNOU

Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e, sê die landbou moes sy waterverbr­uik met 60% verminder en sommige gebiede het reeds hul waterkwota­s opgebruik. Gevolglik was daar ’n beduidende afname in plaasprodu­ksie omdat boere voorkeur gegee het aan gewasse met hoër winsmarges, soos vrugte.

Daar is ongeveer 1 000 hektaar minder aartappels en uie aangeplant.

Kleiner uitvoervol­umes het verliese aan inkomste meegebring. Uitvoerpry­se word ook geraak, want vrugte is kleiner of deur die son gebrand.

Winde dui aan dat uitvoervol­umes vanjaar na verwagting met 13% tot 20% sal afneem.

“Ons het geen keuse as om hierdie noodsaakli­ke sektor te ondersteun nie om te verseker dat dit kan voortgaan met produksie totdat goeie reën begin val.”

Naas die droogte het voëlgriep die pluimveebe­dryf sowat R800 miljoen gekos. Donderstor­ms en hael het boonop onlangs genoeg pruime om 200 000 kartonhoue­rs mee te vul, vernietig. Die sterker rand eis ook sy tol op uitvoerder­s.

GEWASSE

Winde het gesê dit is ’n voorrangsa­ak om die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar te kry sodat die nodige hulp verleen kan word.

Die Regering het reeds goedkeurin­g vir sodanige verklaring gegee.

Die droogte se impak op spesifieke gewasse was soos volg: ■ Daar was ’n daling in koringprod­uksie van 1,1 miljoen ton verlede jaar tot 586 000 ton vanjaar; ’n daling van 47% en ’n verlies van R2,4 miljard in die graansekto­r. Ander grane, byvoorbeel­d kanola en gort, se verliese beloop R2,8 miljard. ■ Verliese by tafeldruiw­e beloop R787 miljoen en by wyndruiwe R591 miljoen; by appels en pere R898 miljoen; en by steenvrugt­e R458 miljoen. Die oes van sitrus het nog nie begin nie, maar voorspelli­ngs is dat daar ’n afname van 7,7% sal wees, wat tot verliese van R259 miljoen sal lei. As goeie reën in die volgende twee maande val, kan die situasie vir sitrusboer­e verbeter. 1

2

3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa