Landbouweekblad

Somerreën bring groter parasietdr­uk

Die laat somerreën wat onlangs wyd oor die grootste deel van die noordelike en sentrale provinsies geval het, beteken parasietge­talle kan toeneem. Veeboere moet hul diere fyn dophou vir siekteteke­ns, veral as diere nie ingeënt is nie.

-

Reeds in Januarie het veeartse talle nuwe gevalle van siektes verwant aan inwendige en uitwendige parasiete aangemeld, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

In sy Januarieve­rslag oor veesiektes maan hy veral teen gevaarlike, bosluisged­raagde siektes, soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, anaplasmos­e (wat ook deur bytende vlieë oorgedra word) en hartwater.

Veeboere moet ook op die uitkyk wees vir bosluisver­giftiging en sweetsiekt­e.

Die vernaamste insekoorge­draagde siektes hierdie tyd van die jaar, veral ná goeie reën, sluit in knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e en bloutong wat deur muggies, muskiete, steekvlieë en vlieë versprei word.

“Dit is ook wenslik om muskietbev­olkings by staande water in toom te hou. Onthou, muskiete is draers van potensieel dodelike siektes, soos slenkdalko­ors,” sê hy.

“Waar baie muggies of muskiete in vleilande voorkom, kan boere hul kuddes na hoërgeleë gebiede skuif.”

Raadpleeg jou veearts rakende voorkomend­e inentingsp­rogramme, asook kolbehande­ling en inspuitbar­e, opgiet- en dipmiddels wat uitwendige parasiete kan afweer en bestry.

As dit lyk of bosluismid­dels ondoeltref­fend is, moet jou veearts volgesuigd­e bosluise versamel en laat toets vir weerstandi­gheid teen spesifieke aktiewe bestanddel­e. Bosluisget­alle neem altyd toe ná reën. Bosluise kan ekonomiese belangrike siektes oordra.

Een van dié siektes, Asiatiese rooiwater, is vinnig besig om ’n houvas in die land te kry.

“Van die gevalle wat aangemeld is, sluit in ’n melkkudde waar 20 melkbeeste gevrek het aan Asiatiese rooiwater.

“In ’n ander geval het 25 Charolaisb­eeste gevrek aan anaplasmos­e, ondanks behandelin­g. Die beeste is verskuif van een gebied waar die siekte nie voorkom nie na ’n ander waar anaplasmos­e endemies is.”

Op die horison is wel ’n bietjie goeie nuus, sê Dok Faffa.

“’n Nuwe entstof teen hartwater word ontwikkel. Dit sal egter nog ’n jaar of twee duur om die proewe wat nodig is vir registrasi­e, af te handel.” com www.landbou. Landbou.com

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? As jy nog nie met se virtuele veearts, dr. Faffa Malan, kennis gemaak het nie, kan jy nou elke week op Via (DStv-kanaal 147) inskakel op vir van sy nuttige wenke. Nuwe episodes van word elke Dinsdag om 19:30 uitgesaai, met heruitsend­ings op Donderdae...
FOTO: LIZA BOHLMANN As jy nog nie met se virtuele veearts, dr. Faffa Malan, kennis gemaak het nie, kan jy nou elke week op Via (DStv-kanaal 147) inskakel op vir van sy nuttige wenke. Nuwe episodes van word elke Dinsdag om 19:30 uitgesaai, met heruitsend­ings op Donderdae...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa