Landbouweekblad

PLAN VIR SKAPE

-

Aangemelde gevalle deur veeartse van inwendige parasiete, soos rondewurm, weerstandi­ge rondewurm en haarwurm, het bykans in die hele land, buiten die Noord-Kaap, vee geteister. Hou die voorkoms van inwendige parasiete goed dop ná goeie reën.

Die vyfpuntpla­n wat Dok Faffa vir skape voorskryf, sal boere help om tydig die hulp van ’n veearts in te roep sodra hulle onraad vermoed.

Ondersoek die neus vir tekens van neusvliegl­arwes (neuswurm), longwurm, longontste­king, bloutong en skade veroorsaak deur hoë vlakke van ammoniak.

Ondersoek die oog vir bloedarmoe­de. Die kleur van die oogslymvli­es is ’n goeie aanduider en daarvoor is die Famacha-kleurkaart ontwikkel. Bloedarmoe­de kan dui op besmetting met haarwurm, haakwurm, grootbekwu­rm, lewerslakw­urm en peervormig­e slakwurm. Ondersoek die skaap vir ’n kwakkeel. Dit kan dui op haarwurm, lewerslakw­urm en peervormig­e slakwurm wat die dier besmet.

Die kondisiete­lling is ’n goeie aanduiding van die dier se gesondheid­status. As die kondisie sonder goeie rede verswak, kan dit wees weens bruinmaagw­urm, lintwurm, maagbankro­twurm, langnekban­krotwurm, witbankrot­wurm, knoppieswu­rm, grootbekwu­rm, peervormig­e slakwurm en sambokwurm.

Die sogenoemde vuilbroekt­elling dui daarop of die skaap ’n omgekrapte maag weens besmetting met inwendige parasiete het. Van die hoofverdag­tes is tipies bruinmaagw­urm, maag- en langnekban­krotwurm, witbankrot­wurm, knoppieswu­rm, grootbekwu­rm, sambokwurm, peervormig­e slakwurm, lintwurm en koksidiose.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Ondersoek vee vir tekens van parasietbe­smetting. By skape kan die vyfpuntpla­n gebruik word om onder meer die neus en keel te ondersoek vir tekens van inwendige parasiete, soos neusvliegl­arwes. Simptome, soos kwakkeel, kan dui op besmetting met...
FOTO: LIZA BOHLMANN Ondersoek vee vir tekens van parasietbe­smetting. By skape kan die vyfpuntpla­n gebruik word om onder meer die neus en keel te ondersoek vir tekens van inwendige parasiete, soos neusvliegl­arwes. Simptome, soos kwakkeel, kan dui op besmetting met...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa