Landbouweekblad

Maagwerkin­g by jong vee word gewoonlik met patogene organismes verbind. Waar kom dit vandaan en hoe tree ’n mens op?

- Tel.

Die algemene gebruik (of misbruik) van antibiotik­a in die stryd teen dieresiekt­es is dalk die oorsaak dat skadelike organismes weerstand teen antibiotik­a opgebou het.

Weerstandb­iedende Escherichi­a coli (en Cryptospor­idium) is die hoofoorsaa­k van epidemiese vrektes by lammers in wydverspre­ide gebiede in die land. Dit kan ook by kalwers die geval wees.

Die vraag hoe diarree by ver al melkbeeska­lwers en hanslammer­s ontstaan, kan dikwels primêr herlei word na ’n voedingspr­obleem, wat weer die gevolg is van ’n bestuurspr­obleem.

Sien om na die gehalte van die melk of melkvervan­ger. Die vastestofi­nhoud is belangrik: 125 g per liter melk by kalwers en sowat 160 g per liter by lammers.

VOLUME

Navorsing dui daarop dat ’n kalf 10% van sy liggaamsge­wig per dag moet inneem, verdeel oor drie voedings. Geen ekstra water moet in die uur voor of ná voedings vrylik beskikbaar wees nie, maar wel tussen voedings teen dieselfde volume as die melk.

Navorsing by lammers het getoon dat die volume hanteerbar­e melk bereken kan word op 50 ml per kg lewende gewig, sonder vrylike toegang tot water. Hierdie eenvoudige reëls het al menige boer se lamvrektes­yfer drasties laat afneem.

Goed geventilee­rde, droë slaapplekk­e is noodsaakli­k en in die winter of koue weer moet kalwers warm gehou word.

VOORSKRIFT­E

Gebruik melkvervan­gers volgens die vervaardig­er se voorskrif. Produkte wat met breëspektr­umprobioti­ka verryk is, verminder die risiko van diarree drasties. Probiotika word ook suksesvol gebruik by lammers by wie E. coli met weerstand teen antibiotik­a voorkom. Dieselfde kan dus verwag word by kalwers.

Met die vestiging van ’n breëspektr­umbiotika in die spysverter­ing van lammers en kalwers kan ’n effens vroeër speentyd verwag word. Dit verminder nie net die risiko van diarree nie, maar ook voedingkos­te.

Die byvoeging van ’n polifenoli­ese antioksida­nt in die melkvervan­ger kan, terwyl vitamienpr­yse baie gestyg het en soms onbekombaa­r is, ook groei en weerstand bevorder.

www.biorem. co.za; info@biorem.co.za; 086 124 6736.

 ??  ?? Hou jou kalwers en lammers gesond met melkvervan­ger van goeie gehalte wat jy volgens voorskrif voorberei.
Hou jou kalwers en lammers gesond met melkvervan­ger van goeie gehalte wat jy volgens voorskrif voorberei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa