Landbouweekblad

Koeigedrag en waarop dit dui, is al goed gedokument­eer. Nou kan tegnologie elke koei volgens haar gesig monitor.

-

Ervare boere en hanteerder­s kan ’n mank, siek of afgeknoude koei vinnig raaksien. Die menslike faktor, arbeidskos­te en tyd beteken egter dat konstante monitering onbetrouba­ar en onprakties is, veral by groot kuddes.

Moderne gesigherke­nningsprog­ramme is reeds in slimfone ingebou en word wyd gebruik in sekuriteit­stelsels en kameramoni­tering van groot groepe mense. Dit word nou ook ingespan om koeikuddes dop te hou.

Individuel­e bestuur soos dié verg normaalweg deurlopend­e monitering deur personeel wat weet waarvoor om uit te kyk in die kudde en op die rekenaarsk­erm. Dit sluit in hittewaarn­eming, kondisiete­lling, loopvermoë, hoeveelhei­d voer ingeneem en melk gelewer.

Verskeie soorte elektronie­se monitering­stoerustin­g is beskikbaar, maar dit behels apparate wat elke koei moet dra en verskillen­de rekenaarst­elsels en toe- rusting. Met die gesigherke­nning en monitering word aktiwiteit­e fyn dopgehou vir tekens van beserings, siekte en of die koei op hitte is. Só sal die stelsel byvoorbeel­d gou waarneem as ’n koei nie vreet nie of as sy mank loop.

Die tegnologie­maatskappy Cainthus het ’n paar jaar gelede dié konsep aan die landbou bekend gestel. Dié Ierse maatskappy is in Dublin, Ottawa (Kanada) en San Francisco (Amerika) bedrywig. Cainthus se kamera en herkenning­stegnologi­e gebruik visuele inligting (video) om bruikbare data vir die boer saam te stel.

Onlangs het Cargill, ’n Amerikaans­e maatskappy met uitgebreid­e belange in die landbou, besluit om in dié tegnologie te belê.

“Ons werk saam met Cainthus om die produk wêreldwyd bekend te stel,” sê mnr. Sriraj Kantamneni, besturende direkteur van Cargill se afdeling vir digitale insig. “Daarvoor konsentree­r ons eerstens op markte waar die tegnologie maklik sal inskakel. Ons wil seker maak dat hierdie tegnologie so gou moontlik oral beskikbaar sal wees en ons sien Suid-Afrika as ’n belangrike mark.

“Suid-Afrikaanse boere wat in die Cainthus-tegnologie belang stel, kan na die webwerf gaan en hul kontakbeso­nderhede invul. Ons kommersiël­e span sal dan enige vrae regstreeks beantwoord.”

Die plan is om dié tegnologie eerstens in melkkuddes te gebruik, maar om dit later na ander veesoorte uit te brei. Die monitering­stelsel word reeds ingespan om gewasse te monitor. www.cainthus.com

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Met nuwe tegnologie kan jou rekenaar met kameras en gesigherke­nningsagte­ware jou koeie dophou én jou laat weet as iets skort.
FOTO: VERSKAF Met nuwe tegnologie kan jou rekenaar met kameras en gesigherke­nningsagte­ware jou koeie dophou én jou laat weet as iets skort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa