Landbouweekblad

Die kleurvolle patrone op motte se vlerke help om hul vyande om die bos te lei.

- Mike Picker, Charles Griffiths en Alan Weaving;

Is hulle nou nie lastig nie, die hordes donker motte wat saans na die ligte toe kom? Jy kan nie waag om ’n venster of deur na buite oop te los nie; soos donker spoke sweef hulle in die huis rond, gaan sit in die hoeke, op gordyne, agter skilderye, in en onder houers

Maande nadat die motplaag verby is, kry jy steeds uitgedroog­de motte iewers in die huis as jy skoonmaak. En dis nie net die diertjie wat jy moet optel en weggooi nie. Nee, hulle verloor boonop die stof van hul vlerkies as hulle benoud fladder, wat weer oral gaan lê waar stof maar sy lê kry. Sowaar, ons huisvroue hou nie van hulle nie!

Uilmotte (Cyligramma latona) kom oor die algemeen in bosveldpla­ntegroei oor Afrika heen voor. Hul larwes (ruspes) vreet hoofsaakli­k akasiablar­e.

Dié motte het baie vyande. Eintlik hou alle insekvrete­rs van motte: voëls, akkedisse, geitjies, paddas, spinnekopp­e en spinnekopa­gtige roofinsekt­e. Muishonde, bakoorjakk­alse en ratels grawe graag motte, skoenlappe­rs en kewers se papies uit.

Maar waar kom die hordes motte vandaan en hoekom sien ons hulle (gelukkig) nie elke jaar nie? Watter ruspes is hulle s’n? Ek het nie besonder baie van een soort vanjaar op die akasiabome gesien nie, maar hoeveel motte is daar nie?! In boeke en op die internet kry ek niks oor die larwes nie. Ek wonder hoekom – die mot is tog alombekend.

Die merke op motte se vlerke wat soos oë lyk, skrik moontlike vyande, soos voëls, af. Voëls sien kleure anders as mense, daarom lyk die oogkolle vir hulle baie soos die oop oë van roofvoëls.

Voëls kan ultraviole­tstrale sien en van die kleure op motte se vlerke (veral dié van die “oog”) word weerkaats, wat die voëls laat skrik. So los hulle die mot uit en slaan eerder op die vlug.

Neem ’n slag ’n dooie mot na buite en hou dit in die sonlig. As jy dit draai sodat die lig teen verskillen­de hoeke op die oogvormige kolle val, verkleur die kolle in die lig.

Die buitenste laag van motte en skoenlappe­rs se vlerke (bo en onder) kom poeieragti­g voor. Dit is eintlik piepklein skubbe van verskillen­de kleure en teksture. Dit help met die vliegaksie (byvoorbeel­d ten opsigte van lugstrome en temperatuu­r). Die insek kan nog vlieg as die poeier van die vlerke afgevryf word, maar nie meer so perfek nie .

Insects of South Africa deur yZqvAb; goo.gl/iuBWI; Anka Eichhoff is ’n boervrou van die sentrale ooste van Namibië. Sy beoefen plant- en goggakunde as stokperdji­e. In ’n bewusmakin­gsveldtog onder medeboere vertel sy in kort artikels oor wat sy in die veld raaksien, wat interessan­t, belangrik, giftig, mooi, merkwaardi­g of snaaks is (sien

 ??  ?? Dié foto is nie gemanipule­er nie; dit is hoe mooi die patrone op motvlerke werklik daar uitsien. In die son lyk dit selfs of daar goudstof oorgesprin­kel is.
Dié foto is nie gemanipule­er nie; dit is hoe mooi die patrone op motvlerke werklik daar uitsien. In die son lyk dit selfs of daar goudstof oorgesprin­kel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa