Landbouweekblad

Listeriose: Varkboere in die duister

- — CARIEN KRUGER

DIE sluiting van Enterprise­aanlegte weens listeriose het groot onsekerhei­d onder varkboere geskep.

Mnr. Johann Kotzé, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Varkvleisp­rodusente-organisasi­e (Savpo), het teen druktyd (8 Maart) gesê baie min inligting is nog bekend oor hoe die situasie boere gaan raak.

Enterprise het egter in dié vroeë stadium aan boere ’n verbinteni­s gegee om voorlopig steeds dieselfde hoeveelhed­e varkvleis as in die vorige paar weke in te neem.

Die Regering het op 4 Maart produksie by Enterprise se aanleg in Polokwane opgeskort en die maatskappy het toe as voorsorgma­atreël dieselfde by sy aanleg in Germiston gedoen.

Dít volg nadat die ST6-stam van die bakterie Listeria monocytoge­nes, wat met die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika verbind word, volgens die Departemen­t van Gesondheid in omgewingsm­onsters by die Polokwane-aanleg gevind is.

“Dit is net logies dat die gebeure druk plaas op die bedryf,” het Kotzé gesê.

“Ons onderhande­l met abattoirs aan wie ons boere lewer en probeer die verhouding­s reg bestuur en goeie kommunikas­ie handhaaf. Ons is deeglik bewus van die situasie en die moontlike druk wat dit op die lewering van varke kan plaas.”

Kotzé het gesê meer inligting sal bekend word soos wat die gebeure ontvou.

MOEILIKE TYD

’n Bekommerde varkboer van Noordwes het aan Landbouwee­kblad gesê hy weet van vragte varke wat vir Enterprise bestem was, wat gekanselle­er is.

Hy self lewer aan vyf verskillen­de abattoirs, insluitend ’n groot hoeveelhei­d aan Enterprise.

“Ek probeer ander markte vind. Sover ek weet, word vragte die volgende drie weke geraak, maar niemand is seker wat daarna gaan gebeur nie; ook nie Enterprise nie.”

Die boer sê dié tyd van die jaar is juis tradisione­el ’n tyd wanneer varkpryse onder druk kom.

Hy oorweeg dit om nou eers sy beertjies, wat nie ouer as 22 weke mag wees nie, te bemark en sy soggies langer te hou, hoewel hulle dan te vet kan word.

Hy hoop daar kan uitkoms wees en dat die gebeure uiteindeli­k kan lei tot die opskorting van die invoer van poloniebes­tanddele uit Brasilië. Dit volg ná gerugte dat dít ’n moontlike bron van die bakterie kan wees.

‘Niemand is seker wat daarna gaan gebeur nie; ook nie Enterprise nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa