Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

KLEINBOKKI­E-WONDER

Die tonge was behoorlik los ná twee bale winterklei­nbokkiehaa­r (tweede skeer) verlede week teen R520,50 per kilogram verkoop het op CMW se bokhaarvei­ling in Port Elizabeth. Dit is die eerste keer in vier jaar dat winterklei­nbokkiehaa­r weer bo die R500/kg-merk verkoop. Dit was ook die toetrede van Studwolle, ’n Duitse wolverwerk­er, tot die sybokhaarb­edryf. Dit sal nuwe mededingin­g om topgehalte-kleinbokki­ehaar daarstel. Vir mnr. Weeber Truter en sy seun Martino, van Herold in die Suid-Kaap, was die prestasie besonder bemoedigen­d, veral omdat dit te midde van die knellende droogte gebeur het. Truter het aan mnr. Pierre van der Vyver, OVK se bestuurder vir bokhaar, vertel dat elke bok op sy plaas slegs oorleef omdat hy hulle met die hand en uit ’n sak voer. “Kos op die plaas is daar nie meer nie!” het Truter gesê.

HORINGWINK­EL

Rhino Horn Trade Africa (RHTA), ’n aanlyn-handelspla­tform wat die wettige handel in renosterho­ring sal moontlik maak, is op Maandag 5 Maart bekend gestel. Volgens die Private Renosterei­enaarsvere­niging (PROA) is die doel van die webwerf om ’n deursigtig­e, doeltreffe­nde handelspla­tform daar te stel, met ware kopers en verkopers vir renosterho­ring wat op ’n omgewingsv­riendelike manier bekom is. Die platform sal ook kopers en verkopers bystaan met die stawing van permitte en die nakoming van die onderskeie voorvereis­tes. Die RHTA werk saam met die veeartseny­kundige genetiese laboratori­um van die Universite­it van Pretoria by Onderstepo­ort om te verseker alle renosterho­rings wat op die RHTA-platform verkoop word, is eers op die renoster-DNS-indeksstel­sel (RhODIS) geregistre­er. Besoek www.rhta.co.za en lees die volledige berig by bit.ly/2oOJiaf

ONAANVAARB­AAR

Die Parlement het verlede week ’n stokkie gesteek voor planne van die Ingonyama-trust om bewoners se bestaande grondregte te skrap en dit met huurkontra­kte te vervang. Nagenoeg vyf miljoen mense woon op die trustgrond. Die portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming wou nie byt aan regter Jerome Ngwenya, die voorsitter van die trust se direksie, se regverdigi­ng vir die besluit nie. Dit was naamlik omdat mnr. Lionel Mtshali, die premier van KwaZulu-Natal, ’n hofsaak verloor het oor die toestaan van behuisings­toelaes aan staatsampt­enare wat in landelike gebiede woon. In daardie saak het die provinsial­e regering en die vakbond gevra vir huurkontra­kte in ooreenstem­ming met die behuisings­beleid. Komiteeled­e het die trust daarvan beskuldig dat hy mense van hul grond wil ontneem sodat hulle huurgeld kan bekom.

ASTRONOMIE­S

Die pluimveepr­odusent Astral verwag dat sy finansiële prestasie in die ses maande tot 31 Maart vier keer beter as ’n jaar gelede kan wees. Die maatskappy sê in ’n handelsver­klaring op die JSE-nuusdiens sy wesensverd­ienste per aandeel sal na verwagting minstens 410% beter wees as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar, toe voerpryse abnormaal hoog was. Die gunstige handelstoe­stande in die tweede helfte van sy 2017-boekjaar het in die huidige halfjaar voortgeduu­r. Anders as in vorige jare het pluimveepr­yse ná die afgelope Desemberva­kansie boonop stewig gebly. Voortgeset­te verbeterin­gs in doeltreffe­nde hoenderpro­duksie op plase het ook ’n bydrae gelewer.

BLY LANGER VRIENDE

Marktoegan­g vir Suid-Afrikaanse tuinboupro­dukte in Indonesië is verleng tot 1 1 April 2021 nadat mnr. Amran Sulaiman, Indonesië se minister van landbou, onlangs ’n versoek van mnr. Senzeni Zokwana, sy Suid-Afrikaanse eweknie, in hierdie verband toegestaan het. Zokwana het al op 21 Julie verlede jaar gevra vir die verlenging om te keer dat die uitvoer van sekere vrugtesoor­te onderbreek word wanneer die aanvanklik­e ooreenkoms, wat op 1 1 April 2016 aangegaan is, op 10 April vanjaar verval. Die marktoegan­g geld tans vir appels, appelkose, kersies, sitrus (pomelo’s, suurlemoen­e, nektariens en lemoene), tafeldruiw­e, perskes, pere, pruime en pruimedant­e.

 ?? FOTO: ANDRE BECK ?? STOKFLOU Dié hardwerken­de windpomp tussen Jacobsbaai en Paternoste­r aan die Weskus in die Wes-Kaap is verantwoor­delik vir die enigste groenighei­d in die onmiddelli­ke omgewing. Volgens prof. Stephanie Midgley, ’n klimatoloo­g, is die Weskus besonder...
FOTO: ANDRE BECK STOKFLOU Dié hardwerken­de windpomp tussen Jacobsbaai en Paternoste­r aan die Weskus in die Wes-Kaap is verantwoor­delik vir die enigste groenighei­d in die onmiddelli­ke omgewing. Volgens prof. Stephanie Midgley, ’n klimatoloo­g, is die Weskus besonder...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa