Landbouweekblad

ANC, EFF STAAN SAAM OOR ONTEIENING

-

Nadat die EFF se gewysigde mosie oor onteiening sonder vergoeding in die Parlement aanvaar is, loop die gemoedere hoog in Suid-Afrika — ook op LBW se Facebook-blad. Die aanvaardin­g van die mosie beteken dat die Parlement se grondwetli­ke hersiening­skomitee nou moet besluit of die eiendomsre­gklousule in die Grondwet gewysig moet word. JULIE PIENAAR skryf: Wat ’n hartseer dag in ons demokratie­se land. Tegnies gesproke moet die grond dan teruggegee word aan die Khoisan, nie waar nie? Ek skaam my morsdood en staan saam met elke boer wat sy grond gekoop het en met bloed en sweet bewerk. Om nie eens te praat van die droogte, die skuld en die moorde op boere nie.

THOMAS BOTHA skryf :’n Strategie om jou hierteen te verskans, moet aangepak word. Verskuif jou kapitaal na die buiteland en bestuur jou plaas as ’n hoogs gefinansie­rde besigheid.

ULRICH GRANZIER skryf: Al die boere moet net ophou boer. As hulle in elk geval jou grond gaan vat, loop net weg en gaan boer in ’n land waar jy waardeer word.

GLOUDINA MARIA CROUS

antwoord: Almal het nie die geld daarvoor nie. Onthou, die droogte het die boere ’n geweldige knou gegee. ELZANA SPANGENBER­G skryf: Private maatskappy­e en boere sal nóú moet begin plan maak. Onthou, die staat is afhanklik van belasting. Die kwessie raak elke mens wat grond, ’n plaas of ’n huis in die stad het. LUDWIG HERRMANNSE­N skryf: Brand alles tot op die grond af — huis, gereedskap en landerye. DALEEN RAS PIENAAR skryf: Almal wat eiendom besit en lenings afbetaal, moet onmiddelli­k ophou om te betaal.

ELLEN GROBELAAR skryf: Dis ’n skande. Elkeen het sy grond self betaal. Laat hulle eers die President s’n onteien, dat ons sien wat gebeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa