Landbouweekblad

RAMPVERKLA­RING BRING BETER KOÖRDINERI­NG

- — CARIEN KRUGER en JOYLENE VAN WYK

DIE verklaring van die droogte tot ’n nasionale ramp hou verskeie voordele vir die landbou in.

Prof. Andries Jordaan, direkteur van die Afrika-sentrum vir ramp- bestuur en -opleiding aan die Universite­it van die Vrystaat, sê die grootste voordeel is dat daar beter koördineri­ng op nasionale vlak kan wees, met nasionale departe- mente wat bydraes kan lewer.

“Dit beteken daar is meer mense wat aan oplossings dink en met planne vorendag kan kom.”

Jordaan sê geld kan ook makliker op ’n nasionale vlak rondgeskui­f word en só sal meer geld hopelik vir ramphulp in provinsies toegewys kan word.

Dit was volgens hom ’n groot fout dat die Regering die droogte van 2015-’16, toe agt van die nege provinsies in ’n stadium rampdroogt­es verklaar het, nie tot ’n nasionale ramp verklaar het nie en daar verwag is dat provinsies dit self moes hanteer.

Sekere magte lê op nasionale vlak, soos die lewering van water in groot maat.

Die feit dat die Regering die droogte tot nasionale ramp verklaar het, het ook groot simboliese en sielkundig­e waarde, sê Jordaan. “Dit dra daartoe by dat almal in die land bewus word van die droogte en hoe belangrik water is.”

Jordaan het onlangs sowel ’n Wes-Kaapse as ’n nasionale vergaderin­g bygewoon waar belanghebb­endes oor die droogte byeengekom het. Hy is beïndruk deur die gehalte van koördineri­ng, hoewel ’n mens nog sal moet sien of die inwerkings­telling van planne net so goed is.

Dr. Zweli Mkhize, Minister van Samewerken­de Regering en Tradisione­le Sake, het aangekondi­g dat die droogte tot nasionale ramp verklaar is.

Hy het gesê dat hy mettertyd met die toepaslike ministers sal beraadslaa­g om regulasies in te stel en aanwysings uit te reik of die uitreiking daarvan te bekragtig wanneer bestaande wetgewing en gebeurlikh­eidsplanne nie meer voldoende is om die ramp doeltreffe­nd te bestuur nie.

“Dit sal gedoen word tot slegs die mate waartoe dit nodig is om ondersteun­ing, beskerming en verligting aan die publiek te bied, en vir die beskerming van eiendom, die voorkoming van ontwrigtin­g en die hantering van die verwoesten­de uitwerking van die ramp.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa