Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA 1 ZIMBABWE | Britte se beloftes maak skuld

-

Die Zimbabwies­e kommersiël­e landbouuni­e (ZCFU), wat grootliks uit wit oudboere bestaan, sê Brittanje moet boere vergoed vir verliese wat hulle gely het in Zimbabwe se versnelde grond hervorming­sprogram. Dié program het in 2000 begin nadat die Britse regering kop uitgetrek het uit sy verpligtin­ge om wit boere te vergoed wat histories baat gevind het by ’n rassisties­e verblyfbel­eid.

Meer as 250 000 swart families het grond ontvang wat voorheen in nagenoeg 6 000 wit boere se hande was. Die Zimbabwies­e regering het onderneem en regsmegani­smes geskep om dié boere te vergoed.

Mnr. Ben Giplin, direkteur van die ZCFU, sê Brittanje kan nie bekostig om die bepalings van die Lancaster House-ooreenkoms van 1979 te ignoreer nie, ofskoon dié ooreenkoms weinig detail bevat van hoe vergoeding moet geskied. Mnr. Boris Johnson, Britse minister van buitelands­e sake, het reeds gesê sy land het Zimbabwe verloën deur nie dié ooreenkoms na te kom nie. – The Zimbabwe Daily

2 KENIA | Sak die son op mielieboer­dery?

Boere in Kenia se “broodmandj­ie”-streke – Uasin Gishu, Trans Nzoia and Bungoma – het skynbaar genoeg gehad van mielies en slaan nou oor na onder meer suikerriet en tuinbou.

“Ek het nou genoeg gehad van mielieprob­leme en gaan nie weer die gewas aanplant nie,” sê mnr. Japheth Omose van Trans Nzoia. Hy eksperimen­teer die afgelope twee seisoene met ertjies en bone vir uitvoer, en het uit ’n vyfde van ’n hektaar onder ertjies en bone net soveel verdien as uit sy 4 ha mielies. ’n Ander voormalige mielieboer, mnr. Stephen Kemoi, verbou nou suikerriet vir ’n suikermeul­e wat aan hom plantmater­iaal en misstof voorsien. Die neiging het dalk implikasie­s vir voedselsek­erheid. – Xinhua

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa