Landbouweekblad

DIÉ PLANNE KANNIE BOERE ONTWIKKEL

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Regering se programme om die produksie by kleinboere te stimuleer het geen beduidende impak om van nuwe toetreders suksesvoll­e boere te maak nie. Boonop bring die staat se hulp- programme afhanklikh­eid mee, het die Departemen­t van Monitering en Evaluering in die Presidensi­e bevind.

Die Regering het oor sy mediumterm­yn-bestedings­raamwerk, wat strek vanaf 2014 tot 2019, die doelwit gestel om volhoubare grondhervo­rming te bereik. Dit sou tot die transforma­sie van die landbou bydra en voedselsek­erheid versterk.

Dit is egter nou reeds duidelik dat die Regering nie eens sy mikpunt vir die oordrag van 2 miljoen ha grond teen 2019 aan voorheen benadeelde individue sal haal nie, het die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye verlede week gehoor.

SKIET TEKORT

Mnr. Zakhele Mdlalose, hoofsektor­ale kenner vir landelike ontwikkeli­ng by die Departemen­t van Monitering en Evaluering, sê die algehele vordering met landbou-transforma­sie is baie stadig. Dit behels die koop van strategies geleë grond en die toewys daarvan aan voorheen benadeelde individue om die persentasi­e swart grondeiena­arskap te verhoog.

Teen Junie 2017 is slegs 812 307 ha of 40,6% van die mikpunt bereik om 2 miljoen ha grond teen Maart 2019 aan voorheen benadeelde individue oor te dra. Dié proses het al in 2014 begin.

441 534 ha of 44% van ’n vasgesteld­e 1 miljoen ha is aan kleinboere oorgedra, terwyl 100 042 ha of 50% van ’n vasgesteld­e 200 000 ha aan plaaswerke­rs en/of plaasbewon­ers toegestaan is.

Gegewe die swak vordering met die proses meen die departemen­t dat die mikpunte vir 2019 nie gehaal sal word nie.

PROBLEME ONDERVIND

Redes vir die probleme wat on“Dit dervind word, blyk ’n swak verhouding tussen die Regering en die landbousek­tor, en ook vakante senior bestuurspo­ste te wees.

Onsekerhei­d oor die oordrag en herkapital­isering van grond het ook ’n nadelige impak op die hektare grond wat deur swart boere bewerk word. Dit bedreig ook voedselsek­erheid, het Mdlalose gesê.

Nog ’n groot struikelbl­ok is die feit dat die wetsontwer­p op die bewaring en ontwikkeli­ng van landbougro­nd nie op die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se jaarplan vir die boekjaar 2018-’19 voorkom nie. Mnr. Senzeni Zokwana, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, wil die wetsontwer­p eers in die volgende boekjaar by die Parlement indien.

“Dit sal ’n nadelige impak hê op die implemente­ring van en ondersteun­ing vir grondhervo­rming en restitusie, asook gelyke toegang tot grond.

moet bespoedig word, want die ontwikkeli­ng van die wetsontwer­p is reeds twee jaar agterstall­ig.

“Dit is nie net belangrik om landbougro­nd van hoë gehalte te beskerm teen ander tipe gebruike nie, maar ook om te verseker dat ander wette ingestel kan word om die herverdeli­ng van grond en restitusie, asook gelyke toegang tot grond, moontlik te maak,” het Mdlalose gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa