Landbouweekblad

Plaasaanva­lle: ‘Staat kan nie stry met dié feite’

- — NICO VAN BURICK

IN minder as 100 dae vanjaar het reeds 109 plaasaanva­lle en 15 plaasmoord­e voorgekom. Dít is deel van die feite waaroor die Regering nie kan stry nie en wat wys landelike gebiede is in ’n misdaadoor­log vasgevang, sê die burgerregt­e-organisasi­e AfriForum.

AfriForum het op ’n nuuskonfer­ensie in Pretoria gesê inligting wat na die internasio­nale gemeenskap versprei word, is gegrond op feite wat bevestig dat daar wél ’n ernstige bedreiging van eiendomsre­g en menselewen­s in Suid-Afrika bestaan.

AfriForum glo hierdie bedreiging geld veral minderheid­sgemeenska­ppe in die algemeen en veral wit boere in die besonder.

Die organisasi­e wil sy internasio­nale veldtog teen plaasmoord­e en die miskenning van eiendomsre­g in Suid-Afrika verskerp. Die nuuskonfer­ensie volg nadat me. Lindiwe Sisulu, Minister van Internasio­nale Betrekking­e en Samewerkin­g, vroeër gesê het AfriForum saai paniek in die internasio­nale gemeenskap deur onjuiste inligting te versprei.

‘GEEN GERUSSTELL­ING’

Mnr. Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, sê “ons menSowat se word afgemaai”.

Hy sê hoewel die Suid-Afrikaanse Regering die afgelope week ontken het die landelike gebiede word deur ’n geweldskri­sis in die gesig gestaar, bewys die getalle juis dat geweld in hierdie areas buitenspor­ig erg is.

Hy voeg by dat marteling met strykyster­s, blaasvlamm­e, gesmelte plastiek en kookwater duur dikwels ure voort tydens plaasaanva­lle. Hy sê daar is ook ’n beduidende toename in hierdie tipe aanvalle in die Wes- en Noord-Kaap.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerend­e hoof van AfriForum, sê die Suid-Afrikaanse Regering onderskat die internasio­nale gemeenskap se intelligen­sie deur voor te gee dat eiendomsre­g in Suid-Afrika nie bedreig word nie.

Hy sê dit is onbetwisba­re feite dat die regerende party (die ANC) onteiening sonder vergoeding as partybelei­d aanvaar het en besluit het Suid-Afrika se Grondwet moet gewysig word om dit moontlik te maak.

“Vir Sisulu om nou gemoedere te probeer kalmeer deur aan te voer dat die Suid-Afrikaanse Regering volgens die Grondwet sal optree, bied geen gerusstell­ing nie, aangesien die ANC juis die Grondwet wil wysig.”

Mnr. Ernst Roets, adjunk- uitvoerend­e hoof van AfriForum, het daarop gewys dat volgens die nuutste beskikbare polisiesyf­ers meer as 1 700 plaasmoord­e en meer as 12 245 plaasaanva­lle oor ’n tydperk van 21 jaar plaasgevin­d het.

“Indien ’n mens in ag neem dat daar vir drie van daardie jare geen syfers oor plaasaanva­lle bestaan nie, kom dit neer op ’n gemiddelde van 680 plaasaanva­lle en 94 plaasmoord­e per jaar. Dit is byna twee plaasaanva­lle per dag en twee plaasmoord­e per week oor ’n tydperk van 18 jaar.”

‘Dit is byna twee plaasaanva­lle per dag en twee plaasmoord­e per week oor ’n tydperk van 18 jaar.’

 ??  ?? Mnr. Ian Cameron
Mnr. Ian Cameron

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa