Landbouweekblad

Net 15 jaar oor voor ’normale’ weer eindig

- — CHARL VAN ROOYEN

DIE hoër temperatur­e wat reeds voorkom, het reeds ’n groot impak op die vee- en saaibedryf en dit gaan nóg groter word, voorspel prof. Francois Engelbrech­t van die WNNR.

Volgens sommige modelle gaan Suider-Afrika in die algemeen droër word, maar Oos-Afrika natter. Ook Limpopo kan méér reën verwag weens toenemende tropiese siklone.

Hy sê weens die hoër temperatur­e gaan die verdamping van oppervlakw­ater (damme) en grondvog ook styg, wat boerdery baie gaan raak.

Die tipiese hoeveelhei­d grondvog in die somersaaid­ele in Oktober (die droogste tyd) kan in die toekoms terugskuif na Mei of Junie, wat die veldbrandt­yd sal verleng.

As ’n boer gewoonlik in November plant, sal die grondvog só laag wees dat planttyd eers ’n maand later gaan wees, wat ’n korter groeityd beteken.

MIELIES NIE BESTAND

Boere in die Vrystaat en Noordwes moet hulle voorberei op reënval wat aansienlik gaan verminder. Teen 2081-2100 gaan die temperatuu­r 5-9 °C hoër wees. Geen bestaande mieliekult­ivar is teen sulke toestande bestand nie. Dit geld ook die vleisbeesb­edryf.

Sulke warm toestande kan die einde van dié bedryf in sommige dele van Suider-Afrika beteken.

“Ons het net sowat 15 jaar van ’n normale variasie in die klimaat oor voordat dit baie droër en warmer gaan word. Ons is dus op pad na ’n klimaatste­lsel wat nóg moeiliker as tans gaan wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa