Landbouweekblad

VAN POLOKWANE NA PAPOEA

- — JASPER RAATS

’N Ingenieurs­saak van Polokwane, Elecmec Engineerin­g & Power, het die neutbedryf van Papoea-Nieu-Guinee só beïndruk met sy kommersiël­e MacMartinn­eutkraker dat die maatskappy in Februarie ’n span tegnici daarheen moes stuur om ook ’n sorteer-en-wasaanleg te gaan oprig.

Die maatskappy se verbinteni­s met dié land het begin in 2015, ná sy paaie gekruis het met dié van mnr. Kim Jones, ’n Australies­e landboukon­sultant, op die Wêreld-makadamias­imposium.

Jones was in opdrag van die landbounav­orsingsins­tituut van Papoea-Nieu-Guinee op soek na ’n neutekrake­r wat Galip-neute kon kraak.

Galip-neute groei aan die boom Canarium indicum, wat endemies in Papoea-Nieu-Guinee is en al sedert die 1930’s daar verbou word. Die neute se struktuur en samestelli­ng is soortgelyk aan dié van makadamian­eute, wat beteken masjinerie wat vir makadamias ontwerp is, kan ook vir Galip-neute gebruik word.

Jones was van mening Elecmec se neutekrake­r was die aangewese werktuig om dié neute kommersiee­l mee te pel.

EERSTE TER WÊRELD

Die verwerking­saanleg is deur die Australies­e Universite­it van die Sonskynkus geborg as deel van ’n ekonomiese opheffings­projek vir Papoea-Nieu-Guinee. Die MacMartin-masjien het só goed gewerk dat die projekleie­rs gevra het of Elecmec ook vir hulle ’n was-en-sorteermas­jien vir die neute kan ontwerp en installeer.

Die hele aanleg is in Polokwane gebou en getoets voor dit weer uitmekaarg­ehaal en na Johannesbu­rg gestuur is. Daar is dit in kratte verpak en per skip na Papoea-Nieu-Guinea verskeep.

Drie tegnici is toe vroeg in Februarie soontoe om die aanleg weer aanmekaar te sit.

Die aanleg, wat die eerste in sy soort ter wêreld is, loop nou klopdissel­boom. “Ons is trots om deel te kon wees van hierdie installasi­e,” sê mnr. Anton Cloete, direkteur van Elecmec Engineerin­g & Power.

 ?? FOTO: ELECMEC ?? Elecmec se tegnici maak verstellin­gs aan die nuwe sorteer-en-wasaanleg nadat dit in PapoeaNieu-Guinee geïnstalle­er is.
FOTO: ELECMEC Elecmec se tegnici maak verstellin­gs aan die nuwe sorteer-en-wasaanleg nadat dit in PapoeaNieu-Guinee geïnstalle­er is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa