Landbouweekblad

SA DURF NIE MEER OP SY LOUERE RUS

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

OPSKUD, Suid-Afrika, jou buurlande is besig om teen ’n flukse pas te groei.

Dit was een van die boodskappe van prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid, op die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging se onlangse konferensi­e by Kievits Kroon in Pretoria.

Meyer het tydens sy voorleggin­g – oor landboubel­eggings in onsekere tye – gesê in teenstelli­ng met die wanindruk dat Afrikaland­e se ekonomieë grootliks uit arm, platteland­se markte bestaan, groei Suider-Afrikaanse lande teen ’n snelle tempo.

“Die ekonomieë van Kenia, Zambië, Tanzanië en Malawi behoort almal oor die volgende 10 jaar met meer as 5% te groei, terwyl hul stedelike sentra toenemend die vraag na voedsel opdruk. Dit sal daartoe lei dat die totale voedselinv­oer in Afrika suid van die Sahara vanaf $7 miljard (R83,8 miljard) tot $40 miljard (R479 miljard) per jaar gaan toeneem,” sê hy.

Die vinnigste groei lê in groente, diereprodu­kte, vis en vrugte. “Hierin lê daar ook vir Suid-Afrika ’n goeie geleenthei­d aangesien die grootste groei in onderlinge handel in die streek lê. Maar dan sal ons mededingen­d moet word.

“Zambië lewer reeds ’n oorskot beesvleis, hoendervle­is, sojabone en mielies en die ander lande is nie ver agter nie. Ons sal dus ook ons mededingen­dheid moet opskerp.”

PRYSVOORUI­TSIGTE

Meyer meen dat die hoër pryse vir rooivleis mettertyd gaan konsolidee­r.

“Wêreldwyd was die neiging ’n laer voerprys met hoër rooivleisp­ryse. Ons het egter begin sien dat wêreldprys­e vir rooivleis begin terugsak namate meer rooivleis gelewer word. In Suid-Afrika het ons nou eers begin herstel van die droogte van 2015-’16, met die projeksie dat mielieprys­e oor die volgende twee tot drie jaar sal toeneem van ’n laer vlak af, terwyl beesvleisp­ryse meer sywaarts gaan beweeg.”

Daarna behoort plaaslike rooivleisp­ryse met sowat 20% te groei. Dit sluit die uitvoermar­k uit.

“Daar is dus uitstekend­e geleenthed­e vir plaaslike produsente indien ons oor die komende dekade ’n groter uitvoermar­k kan bewerkstel­lig. Die pryse van graan en oliesade sal na verwagting sywaarts bly beweeg, terwyl rooivleisp­ryse plaaslik gaan toeneem,” het Meyer gesê.

‘Daar is dus uitstekend­e geleenthed­e vir plaaslike produsente indien ons oor die komende dekade ’n groter uitvoermar­k kan bewerkstel­lig.’

 ??  ?? Prof. Ferdi Meyer
Prof. Ferdi Meyer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa