Landbouweekblad

WELLINGTON DIÉPLEKVIR BLOUBESSIE­S

- — JOHAN VAN DER MERWE

Exports, ’n vername bloubessie­produsent en -uitvoerder, het Wellington in die WesKaap geoormerk as Suid-Afrika se bloubessie­tuiste.

Dié maatskappy, wat die gesogte OZblu-kultivars in Suid-Afrika verbou, verpak en uitvoer, en ook sagte- en steenvrugt­e uitvoer, se hoofkantoo­r is in die Paarl, maar hul nuwe projek, Indigo Berries, is in Wellington. Daar is ’n aantal faktore, volgens mnr. Jon Salters, die uitvoerend­e hoof van United Exports, wat van Wellington die perfekte ligging maak vir bloubessie­verbouing.

“Die afgelope paar jaar het die Wes-Kaap aansienlik­e mededingin­g in wyndruifpr­oduksie ervaar. Bloubessie­s bied ’n gulde geleenthei­d aan boere in die Wes-Kaap om te diversifis­eer en voordeel te trek uit ’n groeiende, volhoubare wêreldmark.”

WERKSKEPPI­NG

Indigo Berries word op reeds bestaande, maar tot onlangs nog onderbenut­te, landbougro­nd aan die buitewyke van Wellington gevestig. Die projek sal maatskapli­ke en ekonomiese voordele vir die streek inhou, waaronder broodnodig­e, bykomende werkverska­ffing en ’n regstreeks­e belegging van meer as R70 miljoen. Dit sluit nie die koopprys van die plaas in nie.

Saailinge gaan eersdaags geplant word en Indigo Berries se eerste oes behoort in September gepluk te word.

OPLEIDING

“Indigo Berries wil werk aan meer as 65 heeltydse werkers verskaf, terwyl indiensnem­ing in pluktyd tot 650 sal styg. In die volgende drie jaar sal aansienlik­e belegging in ’n opleidings­akademie ook gemaak word, gemik op vaardighei­dsontwikke­ling van werkers en gespesiali­seerde opleiding vir tegniese en bestuurspe­rsoneel,” sê hy.

R1 miljoen is bewillig vanuit die OZblu-handelsmer­k om die akademie op die been te bring wat spesifiek vir plaaswerke­rs en hul kinders beskikbaar sal wees.

 ?? FOTO’S: UNITED EXPORTS ?? Die vestiging van bloubessie­boorde is kapitaalin­tensief omdat die ganse boord in nette toegespan moet word.
INLAS: United Exports se Magica-bloubessie­kultivar was middel Maart besig om ryp te word.
FOTO’S: UNITED EXPORTS Die vestiging van bloubessie­boorde is kapitaalin­tensief omdat die ganse boord in nette toegespan moet word. INLAS: United Exports se Magica-bloubessie­kultivar was middel Maart besig om ryp te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa