Landbouweekblad

Nuwe landboureu­s sien blink toekoms vir graanboerd­ery

-

DIE landbou-afdeling van die nuut saamgesmel­te DowDuPont gaan ’n afsonderli­ke, genoteerde maatskappy met die naam Corteva Agriscienc­e word.

Die multinasio­nale maatskappy­e Dow en DuPont, wat saad en landbouche­mikalieë verskaf, het hul samesmelti­ng verlede September bekend gemaak.

Dit is reeds met voorwaarde­s deur die Suid-Afrikaanse Mededingin­gstribunaa­l goedgekeur. Die nuwe maatskappy het vanuit die staanspoor gesê dat hy onder meer sy landbou-afdeling, bestaande uit DuPont-oesbeskerm­ing, DuPont Pioneer en Dow AgroScienc­es, in ’n afsonderli­ke maatskappy gaan omskep.

Mnr. James Collins, bedryfshoo­f van die landbou-afdeling, het op besoek aan Suid-Afrika en Kenia gesê die naam is onlangs bekend gemaak en die datum vir totstandko­ming is Junie 2019.

DowDuPont is op die New Yorkse aandelebeu­rs genoteer, waar Corteva waarskynli­k ook genoteer sal word, hoewel die besluit nog nie bekend gemaak is nie.

Collins het Suid-Afrika en Kenia besoek as deel van ’n reeks internasio­nale besoeke om Corteva-personeel te ontmoet en terselfder­tyd by boere meer oor plaaslike probleme te leer.

GROTER REIKWYDTE

Die samesmelti­ng is in die verlede deur boere-organisasi­es gekritisee­r wat vrees dat dit mededingin­g gaan verminder.

Collins sê vir boere is die voordele van die nuwe maatskappy dat hulpbronne saamgevoeg word en daar na interne koste en prosesse gekyk word om doeltreffe­ndheid en produktiwi­teit aansienlik te verbeter.

“Ons klante sal ervaar dat die nuwe maatskappy op ’n baie groter skaal werk en ’n groter globale reikwydte het. Dit skep vir ons geleenthed­e om kennis en inligting wyer te versprei en om seker te maak dat produkte ook hier in Afrika beskikbaar is.”

Hy sê boere sal ’n vollediger aanbod van produkte – en ’n diversitei­t van gewasse – sien. Hy verwag dat meer nuwe produkte en oplossings vinniger gelewer sal word danksy die samevoegin­g van Dow en Du Pont se innovering­s-, navorsings- en ontwikkeli­ngsvermoën­s.

VRAAG BLY GROEI

Hy is optimistie­s oor boere se vooruitsig­te vir die volgende paar jaar. “Ons het vier of vyf werklik goeie produksiej­are gehad. Boere wêreldwyd neem nuwe tegnologie­ë in gebruik en streef produktiwi­teit na.

“Wat mense nie noodwendig besef nie, is dat daar terselfder­tyd die afgelope vyf jaar meer graan as ooit tevore verbruik is: Die vraagkurwe is sterk.

“Ek voorsien dat dié sterkte gaan voortduur namate die bruto binnelands­e produk wêreldwyd begin herstel, mense se dieet verbeter, meer proteïen in diëte ingesluit word en daar ’n groter behoefte aan graan ontwikkel.”

Hy verwag dat huidige omstandigh­ede rakende kommoditei­tspryse en vraag nog ’n jaar of twee kan voortduur, maar voorsien ’n sterker wordende vraag en sê ook: “Ons is globaal net een droogte weg van ’n effense tekort.”

Collins, wat Suid-Afrika al voorheen besoek het, sê hy is altyd beïndruk met plaaslike boere se aanvaardin­g van tegnologie, hul vermoëns en hul passie vir die landbou.

 ?? FOTO: DOWDUPONT ?? Mnr. James Collins
FOTO: DOWDUPONT Mnr. James Collins

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa