Landbouweekblad

Pongola-boere begin nóú al spaar vir droë seisoen

- — JOHAN VAN DER MERWE

AL loop die Bivanedam in KwaZulu-Natal, wat die Pongola-gemeenskap van water voorsien, tans oor, word waterbeper­kings binnekort daar ingestel.

Mnr. Johann Boonzaaier is die uitvoerend­e hoof van die Impalawate­rgebruiker­sverenigin­g (Impala), wat vir dié skema verantwoor­delik is. Hy sê die dam wat oorloop, is allermins ’n teken dat die ondergemid­delde neerslag wat dié omgewing die afgelope drie jaar kry, verby is.

“Suid-Afrika ervaar al hoe meer tekens van weer- en reënvalpat­roonverand­erings in die volume van die neerslag én die tyd wanneer dit reën.

“Ons ervaar hierdie tekens ook by ons in Pongola,” sê hy.

Impala het die moeilike taak om die water tot voordeel van die boere en die munisipali­teit te bestuur. Vir Boonzaaier en die res van Impala se bestuur is ’n streng bestuursty­l, tesame met noukeurige dataversam­eling en -interpreta­sie, asook doeltreffe­nde kommunikas­ie allerbelan­grik.

Dit is die enigste manier om te verseker dat die beskikbare water so doeltreffe­nd moontlik aangewend word en dat almal hul regmatige deel van die water kry.

STRENG BESTUUR

“Die westelike area van die Pongolariv­ier-opvanggebi­ed is bekend vir reënval van 1 200 mm tot 1 500 mm per jaar. Die gemiddelde langtermyn­reënval in Pongola self is ongeveer 700 mm per jaar.

“Impala het van 1996 tot 2001 die Bivanedam, ’n opgaardam wat 115 miljoen m3 kan hou, in die Bivanerivi­er gebou. Die rivier is ’n groot sytak van die Pongolariv­ier. Hierdie dam het sedert 2001 volhoubare en bestendige besproeiin­g in Pongola versker en word sedertdien deur Impala bestuur.

“Wanneer die beskikbare statistiek­e van Impala beskou word, kan daar reeds aan die einde van ’n jaar potensiële probleme vir die daaropvolg­ende jaar bepaal word. Dié statistiek­e dui onder meer die gedrag van die afloopwate­r van die Bivane- en Pongolariv­ier se opvanggebi­ed aan.”

Uit ervaring het Impala geleer dat water streng bestuur moet word. Die bestuur word op die volgende grondslag gedoen: Impala doen ’n evaluasie van die beskikbare water uit beskikbare inligting. Slegs ’n gedeelte van die toegewese water word aanvanklik aan alle verbruiker­s vrygelaat. Huishoudel­ike gebruik en gebruik deur diere geniet voorrang en Impala verseker daar is nie ’n tekort nie. Water vir gewasprodu­ksie word gemonitor volgens die gewas (meestal suikerriet) se watergebru­iksbehoeft­e as maatstaf deur die loop van die seisoen. Gebruikers wat meer as die maatstaf gebruik, word dan ingekort. Hoe groter die oormaat water wat gebruik is, hoe hoër is die inkorting. Dit is ’n billike wyse om die beskikbare water volgehou te verseker vir besproeiin­gsboere wat verstandig en spaarsamig besproei. Gebruikers wie se watervoorr­aad ingekort word, word uiteindeli­k deur omstandigh­ede gedwing om hul bestuurspr­aktyke en/of infrastruk­tuur te hersien en aan te pas. Namate die beskikbare watersitua­sie verbeter of verswak, word aanpassing­s gedoen ten opsigte van hoe die water vrygelaat word, asook die hoeveelhei­d wat vrygelaat word.

MINDER REËN VAL

Boonzaaier sê die gemiddelde reënval van November tot Januarie was in normale jare 400 mm. Die gemiddelde reënval oor dieselfde periode die afgelope drie jaar was egter slegs 221 mm.

“Hoewel die dam dus nou oorloop, is die tekens duidelik dat daar nie noodwendig so ’n bestendige en verlengde afloop gaan wees as waaraan ons in die verlede gewoond was nie. Dus gaan die beskikbare water in die dam vinniger onder druk kom. Al lyk dit of ons ’n oormaat water beskikbaar het, is dit noodsaakli­k om nou reeds beperkings in te stel en só voorbereid te wees vir die slegste moontlike situasie.”

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Johann Boonzaaier
Mnr. Johann Boonzaaier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa