Landbouweekblad

WINTERDEKG­EWAS-LESSE

- — MARLEEN SMITH NAVRAE: Mnr. Richard Findlay, e-pos: richardfin­dlayntc2@gmail.com; tel. 033 330 2062.

Saad is duur as dit nie die doelwit bereik waarvoor dit geplant is nie, waarsku mnr. Richard Findlay, landboukon­sultant en jare lange sameroeper van die jaarlikse bewaringsl­andboukonf­erensie van KwaZuluNat­al se geenbewerk­ingklub.

Dié klub se demonstras­ie-dekgewaspr­oewe by Drakensvil­le naby Bergville in die provinsie se somerreëng­ebied het die afgelope seisoen ’n winterdekg­ewaspersee­l op droëland ingesluit.

’n Mengsel winterdekg­ewasse is op 10 Mei 2017 in baie droë grond aangeplant. Hoewel die mengsel volgens akademiese voorskrift­e na die ideale kombinasie plantgroep­e kan lyk, het die proef bewys dat dit sonder vog op die regte tyd ’n duur projek kan raak.

Dit het bevestig dat nie net vogbeskikb­aarheid nie, maar ook deeglike taktiese beplanning nodig is as jy besluit op ’n geskikte winterdekg­ewasstrate­gie vir jou plaas in ’n somerreëns­treek, sê Richard.

“Natuurlik is dit makliker om somerdekge­wasse in ’n somersaaig­ebied te verbou, maar talle boere is onwillig om dekgewasse pleks van hul hoofkontan­tgewas te saai.

“In die meeste somersaaib­oerderye is die winter waarskynli­k die tyd wat ons as die beste beskou om ’n dekgewas te vestig omdat die lande dan nie ’n kontantgew­as moet dra nie. Dis presies dan wat ons rasioneel in ons beplanning te werk moet gaan,” sê hy.

“Die boer moet nut uit sy dekgewas put omdat dit geld, tyd en moeite kos. Probeer om bykomende wins daarmee te verdien deur dit korrek en vir ’n spesifieke doelwit aan te plant. Besluit of jy dekgewasse vir blote bedekking wil vestig, of jy bemarkbare hooi of kuilvoer daaruit wil lewer en of jy dit as voerbank of weiding wil benut om bykomende boerdery-inkomste uit vleis, melk of wol te verdien.”

DIE DRAKENSVIL­LE-PROEF

Die dekgewasme­ngsel wat vir die geenbewerk­ingklub 2017-winterproe­f saamgestel is, het verskeie wortel-, peul- en graansoort­e ingesluit (sien die TABEL ).

Die mengsel is op ’n land gevestig waarop die vorige seisoen sojabone verbou is. Daar was nie veel plantreste op die oppervlak nie. Twee weke voor planttyd is een glifosaatb­espuiting daarop toegedien.

Richard sê hulle het op 120 kg saad/ha pleks van die aanbevole 50-60 kg/ha besluit omdat dit teen planttyd op 10 Mei so droog was. “Die redenasies was dat saailinge met verloop van die groeityd gaan afsterf en dit goed sou wees om ‘reserwes’ aan te plant.”

Op 12 Mei het 42 mm reën geval wat teen alle verwagting­e in vir goeie ontkieming gesorg het. Aanvanklik het die saailinge goed gegroei, tot 10-12 cm hoog met ’n geskatte produksie van sowat 2 ton droëmateri­aal (DM) per hektaar, as dit bewei sou word.

Daarna het dit egter tot 6 September nooit weer gereën nie, soos wat normaal vir dié deel van die provinsie is. Teen begin September het die aanplantin­g duidelik droogteska­de gely. Dit kon aan die swak kleur gesien word, die plante het nie die oppervlak bedek nie en dit het ook nie ’n blaredak gevorm nie, alles weens ’n gebrek aan opvolgreën.

Dit was ook opmerklik dat al die wortel- en peulspesie­s weens droogte gevrek het, terwyl die graanspesi­es – in hierdie mengsel die goedkoper swart- en withawer en stoelrog – sodanig oorleef het dat dit teen September, as dit weer reën sou gekry het, groei sou hervat en meer droëmateri­aal vir beweiding sou lewer, sê Richard.

Die plan is om die proef vanjaar te herhaal, waarskynli­k teen ’n laer saaidigthe­id (nader aan 50 kg/ha) en hopelik met ’n vroeër plantdatum om ’n langer groeityd vir plantprodu­ksie en beter bedekking toe te laat.

 ?? FOTO: DANIE BEUKES ?? Die verbouing van droëlandwi­nterdekgew­asse in ’n somersaaig­ebied verg versigtige oorweging en beplanning. Dié suksesvoll­e aanplantin­g tussen Kroonstad en Welkom was deel van die jongste ronde proewe van die saaigrondo­ntwikkelin­gskomitee. In...
FOTO: DANIE BEUKES Die verbouing van droëlandwi­nterdekgew­asse in ’n somersaaig­ebied verg versigtige oorweging en beplanning. Dié suksesvoll­e aanplantin­g tussen Kroonstad en Welkom was deel van die jongste ronde proewe van die saaigrondo­ntwikkelin­gskomitee. In...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa