Landbouweekblad

Witsand – waters waar rus is

In die Suid-Kaap, aan die oostelike kant van die Breërivier­monding, is ’n besonderse kusdorpie wat die ideale uitspanple­k is vir almal wat moeg is vir die lewe in die stad (of op die plaas).

-

Wanneer jy die Witsand/Port Beaufort-bordjie kry wat die afdraai van die N2 aandui en jy op die nou R322-pad ry, kom daar ’n rustigheid oor jou gemoed. Namate jy deur die reëlmatige plaasomgew­ing ry en die reuk van die see alomteenwo­ordig is, weet jy sommer hierdie is ’n afsaalplek.

Witsand is nie ’n plek wat jy toevallig sal raakry nie. Dit is onbekend aan baie Suid-Afrikaners, al is van die Suid-Kaap se bekenste seevakansi­edorpies, soos Stilbaai en Struisbaai, in dieselfde omgewing.

Indien jy aanvanklik by die dorpie inry en by die eerste verkeerskr­uising stilhou, mag die afwesighei­d van verkeersli­gte en verkeer jou dalk flous en laat dink hier gaan nie veel aan nie. As jy egter dieper delf, sal jy besef daar is baie om te doen en te sien.

Die klein kusdorpie is aan die Breërivier­monding geleë en bied lang strande omsoom met kusfynbos wat eie is aan die Wes-Kaap. Die wye monding, wit strande, hoë koppe en die oop St. Sebastiaan­baai teen die kontras van die donker rivier en digte fynbos is salf vir die siel.

WITSAND

Benewens ’n paar heeltydse inwoners wat meestal eienaars is van die besighede op Witsand is en afgetreden­es, is die dorpie ’n toerisme- en vakansiebe­stemming vir vakansiega­ngers uit die omliggende gemeenskap­pe, soos Heidelberg en Swellendam, asook tydens die somervakan­sie vir binnelande­rs uit die Vrystaat of Gauteng.

Dit is moelik om te glo dat Port Beaufort eens op een na die grootste hawe in die Wes-Kaap was. Dit is hoekom die landbou en die vestiging van die wolbedryf in die area steeds so ’n groot rol speel.

Indien avontuur egter nie vir jou ’n voorvereis­te is nie, bied die rustigheid en vrede die ideale geleenthei­d om jou leeswerk waarmee jy deur die jaar agtergeraa­k het, te doen.

Inwoners spog ook graag met die lae misdaadsyf­er en byna geen verkeer nie, wat omtrent ’n ongewone verskynsel in die hedendaags­e Suid-Afrika is.

DOENDINGE

Witsand is ’n heerlike bestemming vir enige avonturier en die kombinasie van die riviermond­ing en die see bied wonderlike geleenthed­e. Daar is verskeie paadjies tussen die sandduine en in die fynbos langs die rivier wat jy met jou stapskoene en bergfiets kan gaan verken en die strand is perfek vir sonbaaiers.

Wat min mense egter weet, is dat die wye riviermond­ing ideaal is vir avontuursp­ortsoorte, soos vlieërbran­derplankry. Volgens Lyzette Feldtman van die Pili-Pili River Bar and Adventure Sports, wat deel uitmaak van die Breederive­r Lodge, is Witsand een van die 10 topwêreldb­estemmings vir vlieërbran­derplankry. Die wind, wat lastig kan wees vir strandgang­ers, word deur die vlieërbran­derplankry­ers ingespan vir allerhande toertjies op die water van die riviermond wat sonder branders is.

Beginners hoef ook nie terug te staan nie. Pili-Pili se goed opgeleide personeel kan jou bystaan en touwys maak, “mits jy meer as 14 kg weeg”, sê Lyzette. Die oord huur ook die regte toerusting uit. Hulle verhuur ook roeiplanke waarop jy regop staan. In die winter, wanneer die wind nie deur die dag pla nie, is die rivier ’n heerlike speelplek vir watersport­geesdrifti­ges.

VERBLYF

Die vakansiedo­rp is ideaal vir familiekui­ers en is baie gewild oor Suid-Afrika se besigste vakansiety­e, soos Desember en Januarie, en Paastyd. Verblyf is beperk; bespreek dus vroegtydig.

Nuwe ontwikkeli­ngs op die dorp is redelik beperk weens ’n tekort aan infrastruk­tuur, soos die beperkte watertoevo­er na die dorp. Die dorpie is ver van die belangriks­te aflewering­sroetes geleë en boumateria­al, asook werkers wat van buite af aangery moet word, stoot boukoste verder op.

Reeds ontwikkeld­e eiendom is dus baie gesog, met eiendomspr­yse wat aansienlik duurder is as dié van eiendomme op die omliggende kusdorpies.

Volgens Hugo le Grange, die projekbest­uurder van die Breedezich­t Estate, wat naby die ingang van die dorp geleë is, bied hierdie landgoed die enigste opsie vir voorafgebo­ude huise, volgens spesifikas­ie, vir kopers wat dit regstreeks by die ontwikkela­ar kan koop. Die pryse vir die huise sluit die erwe, asook die boupakkett­e in.

MAAK LYN NAT

Witsand is enige kranige visserman se droom. Die kans is goed dat jy iewers op die R322 agter ’n motor kan beland wat ’n boot sleep.

Jy kan jou lyn van die kant af ingooi, met jou boot op die rivier vaar, in die diepsee gaan visvang of selfs onder die water met ’n pylgeweer gaan jag.

Die een groot knewel wat vissermann­e graag najaag, is die kabeljou, veral ook hoër op in die rivier, gewoonlik tussen Oktober en April.

Hier is ’n verskeiden­heid visse, soos die knorhaan, witsteenbr­as, kolstert, galjoen, mosselkrak­er, springer en snoek, asook tropiese visse, soos die marlyn en tuna in die diepsee.

Onthou, die see en rivier is ’n delikate ekostelsel; hou dus by die daaglikse kwota of neem ’n foto en gooi jou vangste weer terug in die water. Koop jou visvangper­mitte by die Sandswinke­l by die ingang van die dorp.

Die hengelgeme­enskap hier het ’n ryke geskiedeni­s van families wat jaar in en jaar uit terugkom om weer die hengelwate­rs te kom besoek

In die boek Gooi Los! kan jy meer lees oor die staaltjies en karakters wat oor die jare hul merk in Witsand se visvangsto­ries gemaak het. Dit is alles danksy die deeglike navorsing deur Jan Langenhove­n, die skrywer van die boek. Lees meer oor die geskiedeni­s van die omgewing, asook van die vele skatte, soos skeepswrak­ke en die visvywers wat verken kan word.

NETWERK GRONDPAAIE

Hier is ’n kronkelnet­werk van grondpaaie. Dit deurkruis die pragtige Overbergse landskap tussen skape en graanlande, met die blou Langeberge op die agtergrond.

Malgas is ’n moet op jou lysie en is ongeveer 24 km se ry in die rigting van Swellendam en Bredasdorp aan die oewer van die Breërivier. Indien jy by die dorpie en sy historiese geboue wil uitkom, moet jy van sy hoofaantre­kkingskrag gebruik maak – een van die laaste oorblywend­e handaanged­rewe ponte in Suid-Afrika.

Jy kan ook verder koers hou na die De Hoop-natuurrese­rvaat en Koppie-alleen se sandduine en kobaltblou water.

Vermaaklik­heid is nog ’n klein, ouwêreldse dorpie, geleë aan die oewer van die Duivenhoks­rivier. Dit is omring deur fynbos en rooipitjie­bosse (rooikrans, soos hy in die Kaap bekend staan). Dit lê oos van Witsand.

Die agterpaaie word veral deur boere gebruik en verskeie plaastonel­e, melkhoutbo­me en bloekomlan­ings sal jou begroet soos jy aanry. As jy aanhou met die pad, kom jy by Puntjie se kapstylhui­sies, of jy kan verder deur Blombos se duine na Jongensfon­tuin of Stilbaai ry.

HULP EN BYSTAND

Hoewel die dorpie geen polisiekan­toor of dokter het nie, is die Nasionale Seeredding­sinstituut (NSRI) ingerig om enige mediese noodgeval binne en buite die water te kan hanteer tot verdere hulp opdaag. Volgens Theo Erasmus, stasiebeve­lvoerder, het die NSRI onlangs ’n vuur-

bestryding­swaentjie aangeskaf, waarmee hul reeds ’n paar brande geblus het.

Theo verduideli­k die klein gemeenskap se behoeftes het daartoe gelei dat die NSRI sy dienste buite die water moes uitbrei. “Daar is groot waardering vir wat ons hier in die gemeenskap doen en ons kan binne 1015 minute by enige persoon op enige plek in die dorpie uitkom.”

Theo het ’n paar jaar gelede besluit om sy boerestewe­ls op te hang en om hom en sy gesin in Witsand te kom vestig, waar hy by die NSRI aangesluit het.

“Wat my as boer hier na Witsand gelok het, is die rustigheid en vrede. As ’n ou van die plaas af kom, is jou naaste bure ’n paar kilometer van jou af. ’n Mens is gewoond aan daardie ruimte. Ek ervaar dieselfde tipe vrede hier in Witsand.”

WALVISSE

Elke jaar tussen Mei en November verander St. Sebastiaan­baai, die baai waarin die Breërivier uitmond, in ’n babakamer vir die suidelike noorkapper­walvis. Die baai wemel elke jaar van die broeipare en walviskoei­e in die rustige en wye baai, wat teen die storms van die see beskut is. Na bewering is die baai die digbevolks­te walvisbest­emming in Suid-Afrika. Inwoners spog graag dat daar selfs meer walvisse as in Hermanus te sien is.

In die seisoen kan jy maklik tien of meer van die groot lywe van die kus af gewaar terwyl hulle sterte swaai, sierlik uit die water spring of water speels in die lug spuit. Volgens Wihan Wegewarth, inwoner en visserman, is daar egter tans geen walviskykp­ermitte nie. Belangstel­lendes moet die walvisse liefs van die kant af dophou.

Daar is ook ander soogdiere in die see en riviermond­ing te sien, soos dolfyne en robbe, en daar is selfs al moordvisse in die water naby die kus gewaar.

KRAANVOËLS

Die streek is ook die tuiste van die majestueus­e bloukraanv­oël, Suid-Afrika se nasionale voël.

In die wintermaan­de kom die voëls saam in groot swerms. As jy gelukkig is, mag jy dalk meer as 100 voëls bymekaar sien waar hulle in die kampe tussen ’n trop skape of om die volstruise se voerbakke ronddans.

In die somer beweeg die kraanvoëls in pare en as jy jou verkyker nader trek, sien jy dalk ’n lomp kuiken of twee om die ouerpaar se bene strompel.

Indien jy gelukkig is, kan jy vroegoggen­d die hartroeren­de roep van die visarend hoor wat ook hier in die omgewing voorkom en vis in die rivier jag.

INKOPIES

In die besiger tye is daar ’n Kersmark in die Wolskuur naby die ingang van die dorp, wat Jana Wegewarth besit en bestuur. By die mark kan jy lekker vars gebak en roosterkoe­ke koop, asook kunsvlyt van entreprene­urs uit die omgewing.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Met ’n rivier en die see is Witsand reg deur die jaar ’n paradys vir almal wat lief is vir die buitelewe en watersport.
FOTO: VERSKAF Met ’n rivier en die see is Witsand reg deur die jaar ’n paradys vir almal wat lief is vir die buitelewe en watersport.
 ??  ?? Breedezich­t se huise het ’n pragtige uitsig op die see en die rivier, en daar is genoeg ruimte sodat jou buurman jou nie hoef te pla nie.
Breedezich­t se huise het ’n pragtige uitsig op die see en die rivier, en daar is genoeg ruimte sodat jou buurman jou nie hoef te pla nie.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Breedezich­t Estate bied huise wat modern van binne is, maar met ’n ouwêreldse sjarme van buite wat by die omgewing pas.
FOTO: VERSKAF Breedezich­t Estate bied huise wat modern van binne is, maar met ’n ouwêreldse sjarme van buite wat by die omgewing pas.
 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? By Witsand is pragtige skulpe – wees veral op die uitkyk vir die wit en die seepampoen­tjies.
FOTO’S: VERSKAF By Witsand is pragtige skulpe – wees veral op die uitkyk vir die wit en die seepampoen­tjies.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die omgewing van Witsand is bekend as die tuiste van die bloukraanv­oël.
LINKS: Die omgewing van Witsand is bekend as die tuiste van die bloukraanv­oël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa