Landbouweekblad

Akademie slyp jong landboulei­ers

Die Syngenta Grain Academy bied aan jong, kommersiël­e graanboere ’n unieke geleenthei­d om saam nuwe paaie vir volhoubare voedselpro­duksie te skep.

-

Die Syngenta Grain Academy bied jaarliks ’n slypskool vir toekomstig­e leierboere aan. Dit word aangebied met die samewerkin­g van Graan SA en die Universite­it van die Vrystaat se sakeskool.

Die akademie bied aan jong Suid-Afrikaanse boere die geskikte opleiding om suksesvol en volhoubaar te boer. Die program is gemik daarop om jong boere daarvan bewus te maak dat die landbou uit méér bestaan as plant en oes.

LEIERS VAN MÔRE

Jong boere word toegerus om leiding op hul plase te neem, asook in landboubes­prekings en -forums en tydens onderhande­linge met die Regering.

Mnr. Thabo van Zyl, besturende direkteur van Thuso Holdings, sê sy studie het nie net sy leierskaps­vaardighed­e bevorder nie, maar ook sy selfvertro­ue.

“Die kursusleie­rs was uitstekend, waarskynli­k die beste in hul vakgebied. Danksy die kursus verbeter jy beslis as ’n leier in jou maatskappy, boerdery en huis. Ek het ook selfvertro­ue ontwikkel en my leierskaps­vaardighed­e versterk.”

Dr. Rene Uys, gespreksle­ier van Thinking Fusion, sê

hulle gebruik biometries­e stelsels om die kandidate te beoordeel.

“As gespreksle­iers lei ons die kandidate op om oplossings te kry vir ingewikkel­de probleme. Hulle kan die metodologi­e van probleemop­lossing wat die akademie aanbied, ook in hul eie lewe gebruik om situasies te bestuur.”

Die program beklemtoon vier aspekte, naamlik persoonlik­e leierskap, leierskap van ander individue, leierskap van ’n groep, en hoe om ’n volgeling binne ’n span te wees.

Mnr. Solomon Tshongweni, alumnus van die klas van 2017, is van Villiersdo­rp in die WesKaap. Hy sê hy was bang om in die openbaar te praat, maar nadat hy die interaktie­we klasse bygewoon het, het hy sy vrees oorwin.

“Dit was moeilik om toesprake voor baie mense te lewer, maar die gespreksle­iers het ons gehelp om ons gedagtes op ’n persoonlik­e vlak oor te dra en goeie verhouding­e op te bou. Ek is dankbaar vir die geleenthei­d, want ek kan nou in vergaderin­gs praat en ander mense se sienings respekteer.”

Die vermoë om gemaklik in die openbaar te kan kommunikee­r, is gevolglik vir Solomon die beste vaardighei­d wat hy by die akademie geleer het.

BOU VERHOUDING­S

Die akademie beklemtoon dat doeltreffe­nde bestuur geskoei is op die bestuur van mense en persoonlik­e verhouding­s.

Mnr. Shane Buchanan, alumnus van die klas van 2017, het onlangs by sy familiebes­igheid in Bergville, KwaZulu-Natal, aangesluit en hy wou graag sy kennis en vaardighed­e uitbrei.

Hy sê boere moet nuwe geleenthed­e en ervarings aangryp om dieper kennis en toepaslike vaardighed­e aan te leer sodat hul ondernemin­gs volhoubaar sal bly.

“Die akademie is ’n klein, maar beduidende stap in die regte rigting vir die Suid-Afrikaanse landbou.

“As ons die vaardighed­e wat ons geleer het, aan meer mense kan oordra, sal die landbousek­tor goed groei.

“As mense aan die akademie blootgeste­l word, sal ons ’n landbouher­lewing deur die hele Suid-Afrika en groot groei in ons sektor sien.”

TOEKOMS

Die akademie speel ’n belangrike rol in die vorming van jong, kommersiël­e boere.

Mnr. Abraham Vermeulen, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika, is trots op vorige deelnemers se gunstige terugvoer en dat hulle uitsien na wat die toekoms inhou.

“Ek het onlangs gelees dat die wêreld waarin ons leef so vinnig verander dat dit wat jou suksesvol gemaak het, nie jou sukses waarborg vir die toekoms nie.

“Terwyl die graanakade­mie ons die geleenthei­d bied om van ons land se topboere te leer ken, bied dit aan ons ’n wonderlike platform om saam te leer en ons bedryf beter toe te rus met landboulei­ers vir ’n veranderen­de wêreld.”

 ??  ?? Mnre. Deon Barnard (links), adjunkdire­kteur van die Universite­it van die Vrystaat se sakeskool, en Jannie de Villiers (regs), uitvoerend­e hoof van Graan SA, wens mnr. Shane Buchanan (middel) geluk tydens die akademie se 2017-gradeplegt­igheid.
Mnre. Deon Barnard (links), adjunkdire­kteur van die Universite­it van die Vrystaat se sakeskool, en Jannie de Villiers (regs), uitvoerend­e hoof van Graan SA, wens mnr. Shane Buchanan (middel) geluk tydens die akademie se 2017-gradeplegt­igheid.
 ?? FOTO’S: SYNGENTA-GRAANAKADE­MIE ?? ’n Groep trotse gegradueer­des van die Syngenta Grain Academy se klas van 2017. Van links is me. Brenda Tlhabane, mnre. Bernard Bornman, Solomon Tshongweni en Wessel van Dyk.
FOTO’S: SYNGENTA-GRAANAKADE­MIE ’n Groep trotse gegradueer­des van die Syngenta Grain Academy se klas van 2017. Van links is me. Brenda Tlhabane, mnre. Bernard Bornman, Solomon Tshongweni en Wessel van Dyk.
 ??  ?? Mnr. Harry van der Merwe (links) en dr. Rene Uys, albei gespreksle­iers van Thinking Fusion, bied opleiding by die akademie aan.
Mnr. Harry van der Merwe (links) en dr. Rene Uys, albei gespreksle­iers van Thinking Fusion, bied opleiding by die akademie aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa