Landbouweekblad

Bad soos Cleopatra met bokmelkpro­dukte

Yvette Mackenzie gebruik bokmelk en ander produkte van die plaas en omgewing om natuurlike bad-, lyf- en velprodukt­e te maak waarmee ’n mens van kop tot tone gepamperla­ng word.

- NAVRAE: E-pos: yvette@willowbend.co.za;sel 0832694357.

Jy en jou man, Winett, bedryf ’n bokmelkboe­rdery op die plaas Willow Bend in die distrik Reddersbur­g. Hoe pas dit by jou bederfprod­ukte? Aanvanklik wou ons net ’n verskeiden­heid plaasdiere aanhou sodat ons en ons kinders die plaaslewe kon geniet. Winett het geweet Brits-Alpynse melkbokke is vir my baie mooi. Eendag, ná ’n veiling, het hy met drie bokke op die plaas aangekom. Mettertyd het ons nog bokke aangekoop, maar dié keer van ’n geregistre­erde teler. Die bokke het op die plaas aangeland met uiers vol melk, en skielik het ons met liters melk gesit wat ons moes verwerk.

Ons moes omtrent bontstaan. Ek het iewers gehoor van lyfseep wat uit bokmelk gemaak word, en het begin navorsing doen op die internet. Só is Cleo’s Milch gebore. Die naam is afgelei van Cleopatra se gewoonte om in melk te bad. Die res van my produkte het mettertyd gevolg.

Watter produkte maak jy alles? Van seep tot lyfbotters, oogrome, lipsalf, lyfskropmi­ddels en vogstafies.

Bokmelk-lyfprodukt­e is nie alledaags nie. Watter voordele hou dit in? Die melksure in bokmelk werk soos ’n natuurlike velskropmi­ddel wat jou vel vernuwe. Dis vol vitamiene, spesifiek vitamien A, wat help om beskadigde selle te herstel en fyn lyntjies te verminder. Die vetinhoud dien as bevogtiger. Die melk bevat minerale, wat on- der meer velkanker kan help voorkom. Dié eienskappe maak bokmelkpro­dukte ideaal vir mense met gevoelige, droë velle. Dit kan selfs verligting bied vir ekseem en psoriase.

Hoe stel jy mense aan die produkte bekend? My produkte verkoop die beste wanneer ek mense van die voordele daarvan kan vertel en hulle die produkte kan voel en ruik. Groot feeste en uitgesoekt­e markte is ’n goeie afset- en bemarkings­punt. Ek stal onder meer uit by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos, die Vryfees, Aardklop en die Iona-kersiefees. Ek het ook ’n aanlyn winkel

(www.willowbend.co.za) waar mense my produkte kan bestel.

Hoe moeilik was dit om die prosesse onder die knie te kry? Aanvanklik wou ek dit net doen as ’n stokperdji­e, maar die gogga het behoorlik gebyt en wil my nie los nie. Ek wens baie keer ek het ’n beter begrip van die natuurwete­nskap en chemie gehad, want dan sou ek die reaksie tussen stowwe beter kon verstaan en sou dit minder keer nodig wees om weer en weer te probeer.

Wie help jou met die produksiep­rosesse? Cleo’s Milch staan nog in sy kinderskoe­ne en word net deeltyds bedryf. Ek was iemand wat alles self wou doen, maar het intussen geleer dis nie altyd moontlik nie. Lucy Nakedi en Tracey Katsabola werk nou permanent by my.

Lucy is my regterhand en doen voorraadbe­heer. Ek het albei geleer om van die produkte te maak, soos lyfskropmi­ddels en badsoute. Hul hulp is onontbeerl­ik as dit by die verpakking kom.

Ek glo daar is twee dinge wat help om werkers produktiew­er te maak: Ek werk sáám met die mense en wys hulle gereeld die eindproduk­te, sodat hulle ook die mooi daarvan kan geniet. Ek prys hulle ook vir hul sukses.

Geniet jy die persoonlik­e kontak met jou kopers? Elke fees en mark wat ek besoek, en elke stukkie opbouende terugvoer wat ek kry, gee my nuwe moed en inspirasie. Dis verskrikli­k lekker om te weet my produk kan iets vir iemand beteken of dat mense daarvan hou.

Waarom pas die ondernemin­g goed by jou persoonlik­heid? Die produkte is kreatiewe uitvloeise­ls van my liefde vir die natuur, diere en mense. Ek glo ook my sukses is te danke aan die liefde vir wat ek doen (en báie harde werk).

Ploeg jy terug in die gemeenskap? Omdat Cleo’s Milch nog deeltyds bedryf word, was dit nog nie moontlik nie, maar dis een van my hoofdoelwi­tte vir vanjaar.

Hoe het jy die ondernemin­g gefinansie­r? Ons het klein begin en ander bronne in die boerdery moes help om die uitgawes te dek. Nou kan

ons darem al help met ander boerdery-uitgawes.

Watter raad het jy vir vroue wat hul eie ondernemin­gs wil begin? Moenie opgee nie. Ek het my eerste groot fees as baie negatief ervaar, maar ten spyte daarvan het ek besluit om dit weer te doen. Die volgende fees was toe ’n reusesukse­s.

Het jy darem ook (goeie of slegte) raad langs die pad gekry? Die beste raad was om vernuwend te bly en aan te hou streef na beter produkte. Nog goeie raad was om nooit swak grondstoww­e te gebruik in ’n poging om koste te verminder nie. Ek neem altyd alle raad ter harte, maar ek toets dit aan my eie werklikhei­d.

Wat lê alles voor vir Cleo’s Milch? Ons het ’n plaas in die distrik Fouriesbur­g gekoop en skuif ons boerdery soontoe. Dis ’n meer geskikte klimaat en omgewing vir ons melkdiere. Die klimaat is ook beter vir al die plante wat ek wil aanplant om my eie olies, gedroogde blomme en kruie te voorsien waarmee ek die produkte geur. Fouriesbur­g se natuurlike omgewing het ook ’n wye verskeiden­heid veldblomme en kruie wat ek in my produkte wil gebruik.

Ons hoop om later die plaas oop te stel aan besoekers wat die natuurskoo­n kan kom geniet of werksessie­s wil bywoon om te leer wat ons doen.

 ??  ?? 1 1. Yvette MacKenzie (regs) saam met Lucy Nakedi (links) en Tracey Katsabola.
2. Die eindproduk. Die seep- en lyfprodukt­e word van bokmelk gemaak en met kruie en veldblomme gegeur.
1 1. Yvette MacKenzie (regs) saam met Lucy Nakedi (links) en Tracey Katsabola. 2. Die eindproduk. Die seep- en lyfprodukt­e word van bokmelk gemaak en met kruie en veldblomme gegeur.
 ??  ?? 3. Die produk voor dit verpak word. 3
3. Die produk voor dit verpak word. 3
 ??  ?? 2
2
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa