Landbouweekblad

’N BABA VIR DIE BLINDE BROERS

Aprilmaand het aangebreek en Anna weet haar tyd is nie meer ver nie. In die huise van die blinde broers wis almal van die verwagting, maar die onsekerhei­d vreet aan broer Gert, want hy kan nie verstaan hoekom Jacob nog nie met sy vrou gepraat het nie.

-

In die donkerte lê Jacob op die bed en rondrol. Hy worstel met die sware klip op sy bors. Anna roer langs hom. “Jacob, wat henner jou?” Jacob skrik vir die onverwagse vraag. “Dis my bene wat kramp,” lieg hy. Anna draai na hom. “Voel hoe skop die mannetjie!” Huiwerig sit hy sy hand op haar maag, maar rukditskie­likweg.

Anna steek die lamp aan. In die flou lanternlig kyk sy na haar man. “Ek dink dis vandag my tyd...ekkryalvan­voordagaf dowwe pyne.” Jacob kyk weg en staan op. “Ek gaan vir ons koffie maak.” Anna besef haar aanvoeling is beslis nie verkeerd nie – sy ken haar man. Toe hy met die twee bekers koffie inkom, trek sy haarself regop teen die styl van die koperkatel. “Jacob, kom sit hier by my,” nooi sy hom. Hy kyk haar vreemd aan en gee vir haar die koffie. Sy vat ’n slukkie. “Wil jy my nie maar vertel wat jou pla nie. Jy tree vreemd op . . . praat in die laaste tyd nie meer nie. Ek ken jou nie so nie.”

Sy sien hoe die beker in sy hand bewe. Hy vee senuagtig die hare van sy voorkop. “Anna, ek ... ek wil mal word. Ek kan nie meersnagss­laapnie.Ek...ek het al hoeveel keer gemik om jou te vertel, maar elke slag begewe my moed my – my gewete jaag my rond.”

Anna sit haar een hand op sy arm. “Ons het mos nie geheime vir mekaar nie . . . vertel.” Sy sien hoe hy senuagtig sluk en ’n groot traan tap op hul bed. “Ek . . . ek het hierie kind vir Boeta belowe as dit ’n seuntjie is.” Die beker in haar hand kantel en die koffie stort op die beddegoed. Verbysterd roep sy geskok uit: “Dis mos in Godsnaam nie ’n hanslam wat jy weggee nie. Dis ons eie kind! Hoe kon jy dit doen?”

Sy sien hoe Jacob ineenkrimp en soos ’n seuntjie begin huil. Sy skouers ruk later. “Ek kry vir Boeta so jammer . . . hy wil so graag ’n kindjie hê. Ons kan mos nog kinders kry, maar hy nie.”

Sy kyk na haar patetiese man wat sy in haar jongdae leer ken het as Jacob Hardekop van Dikgat. Geen traan het sy nog ooit oor sy wange sien rol nie. Dis asof Jacob se hartseer haar sag maak hier binne en ’n demper plaas op haar veglus waarvan Jacob so goed bewus is. Sonder ’n woord staan sy op en loop met die lantern kombuis toe.

Anna staan voor die vuurherd en haar oë staar na die knetterend­e vuur toe Jacob later die kombuis binnekom. Sy draai nie om nie, want sy’s te ontsteld oor Jacob se belofte. Jacob kom staan langs haar en die woorde kom stotterend oor sy lippe: “Ons huise is mos nie ver van mekaar af nie ... jy sal hom elke dag sien. Ek smeek jou, Anna, help my!”

Anna draai om, terwyl haar hande op haar maag rus. “As ek hierdie kind afstaan, sal my siel nooit rus nie!” Sy bly ’n oomblik stil en toe sny haar woorde ysig soos dié van ’n regter: “As ek instem, is daar een voorwaarde – Gert Mostert moet vir hom sorg tot hy ’n volwasse man is.” Jacob gryp haar hande vas en kyk angstig in haar oë. “So jy gaan akkoord?” Anna maak haar oë toe en laat sak haar kop. Haar stem is skaars ’n fluisterin­g: “Ja, Jacob, maar mag God ons vergewe.” Toe Jacob omdraai, praat Anna weer: “Jy moet vir Ouma gaan sê sy moet haar reg hou, want ek voel al die eerste pyne.”

’N GROOT BABA

Die dag breek en Jacob vat eers koers na die sinkhuisie op die duin, want hierdie tyding moet Boeta eerste kry. Sy asem jaag toe hy die steil duin klim. ’n Entjie van die onderdeur af steek hy vas, want hy hoor vir Gert praat. Saggies stap hy nader. Hy hoor hulle is besig met godsdiens. In die vuilskemer staan Jacob doodstil en wag. Hy voel die vinnige geklop van sy hart. Sy hare rys toe hy na Gert se smeekgebed luister. “Here, U ken my hartsbegee­rte. Hoor asseblief my versugting.”

Hy stap in en Gert vra: “Is daar al nuus van Anna?” Jacob steek die kers op en al vier broers wag vir Jacob se antwoord. “Sy gaan vandag kooi toe,” kondig hy aan. Gert se gesig verhelder. “Wat sê Anna?” “Boeta, julle ken vir Anna . . . sy’s soos ’n tierwyfie oor haar kinders. Dit het vemôre omstaan gekos om haar om te haal, mits jy vir hom sal sôre tot hy mondig is.” Opgewonde staan Gert op en steek sy hand uit na Jacob. Sy stem is aangedaan: “Broer, ek belowe ek sal vir julle seun sorg en grootmaak of dit my eie kind is.”

Dit was 11 April 1943 en almal van Dikgat het angstig gewag, maar Anna se water wou nie breek nie. Dit was al sterk skemer die aand toe Anna vir Jacob oorstuur om vir Ouma te gaan roep. Buite in die kookskerm het Gert onder die twee driebeenpo­tte vuur gemaak. In die beknopte kamertjie was Ouma ure met Anna besig, maar die kind wou nie kom nie. Toe die vroedvrou eindelik die skreeuende baba in haar hande hou, het sy verbaas uitgeroep: “Magtag, Anna, dis darem vir jou ’n groot kind!”

Gert en Jacob glimlag verlig toe hulle eindelik die babastemme­tjie hoor. Jacob het opgespring en nuuskierig huis toe gedraf. Gert het by die vuur gestaan, maar sy ore was gespits vir elke geluid. Dit het vir Gert soos ure gevoel voor Jacob weer die deur oopgemaak het.

Jacob se voetstappe raak harder. “Is dit ’n bulletjie, broer?” Jacob antwoord nie dadelik nie,

Sy kyk na haar patetiese man wat sy in haar jongdae leer ken het as Jacob Hardekop van Dikgat. Geen traan het sy nog ooit oor sy wange sien rol nie.

want hy is vas. Hy kug. “Ons planne het nie gewerk nie, Boeta . . . dis ’n groot meisiekind.” Gert se gesig verstar. Verslae skiet hy ’n straaltjie tabaksop in die heining en sonder ’n woord draai hy om en verdwyn die donkerte in.

Die volgende oggend voordag sit Jacob in die kookhuis met ’n beker koffie tussen sy hande. ’n Smal oosteluggi­e sny om die heining. Gert se teleurgest­elde gesig is nog helder voor hom. Seker maar beter so. Hy draai sy kop dwars. Hy hoor dofweg voetstappe. Dit moet Gert wees . . . hy hoor die kierie. Skielik staan hy in die vuurlig.

“Môre, Boeta! Hoekom so vroeg?” Gert antwoord nie, maar leun op sy kierie. Sy gesig is strak en hy vra: “Is Anna al wakker?” “Kom ons gaan loer – sy het netnou die kleinding laat drink.” Voor die bed gaan Gert staan. Hy draai sy kop heen en weer op soek na ’n geluid.

“Môre, Boeta,” groet Anna. In die flou lig sien sy hoe hy senuagtig op sy tande byt. Sy adamsappel gaan op en af en die woorde kom skor oor sy lippe: “Kan ek die kleinding vashou? Net ’n bietjie?” Jacob vat die kind en lê haar in sy seningrige arms. “Magtig, maar dis ’n swaar kind.”

BELOFTE WAT STAAN

“Ek . . . ek . . . kom vemôre om met julle te praat, want ek het vannag nie ’n oog toegemaak nie.” Jacob en Anna kan agterkom dat hierdie vir hom ’n gewigtige saak is. “Ek het vannag baie oor alles gedink. Al is dit ’n dogter en julle sien nog kans om haar af te gee, wil ek hierdie kind hê om groot te maak.”

’n Ongemaklik­e stilte heers in die kamer. Gert druk die kindjie liefdevol teen sy bors. Anna se stem is emosiebela­ai toe sy eindelik praat. “Boeta, ons belofte staan . . . jy kan haar na ’n jaar kry as ek haar eers gespeen het.” Sy begin saggies huil.

Die volgende weke en maande stap Gert elke oggend oor om vir klein Lenie vas te hou. Hy leer hoe om haar skoon en droog te maak. Toe die eerste winterreën­s val, pak Jacob en Anna hul donkiewa en trek Manelsvlei toe waar die wintersvel­d lê. Gert besluit om saam te trek om elke dag by Lenie te wees.

Toe hulle die middag voor Manelsvlei se deur stilhou, help Gert uitspan en sit ’n handjie by om alles af te dra. Daardie aand kom lê Anna vir die eerste keer die baba by Gert neer. “Ek het haar klaar laat drink en ek wil hê sy moet aan jou gewoond raak, want kort-’n-dag moet sy gespeen word.”

Begin April het Gert begin om kerfies op sy kierie te maak. Nog net 11 kerfjies. Gert tel snags die dae af en die oggend van 11 April pak hy sy goedjies in. Jacob het sy kossak reggemaak om met die vee veld toe te gaan. Toe hy vir Gert groet, het sy onderlip gebewe. “Boeta, kyk mooi na Lenie!” Met ’n swaar gemoed het hy omgedraai en die vee agternages­it.

MOEDER SE HARTSEER

Ná brekfis pak Anna al Lenie se goedjies in en sit vir oulaas haar kind aan die bors. Dis of sy die oggend wil uitrek. Kort-kort hoor sy Boeta se ongeduldig­e kuggie. Terwyl die kind lustig suig, begin haar trane loop. Later sit sy vir Lenie in die abbavel en maak haar op Gert se rug vas. Anna staan voor die deur en hou vir Gert dop. Haar oë is op die bondeltjie agter op Boeta se rug. Rou snikke skeur uit haar binneste toe hy oor die eerste duintjie verdwyn. Sy loop kamer toe en op die bed gaan die sluise van die moederhart oop.

Gert stap vooroorgeb­oë duin op en duin af, terwyl die son genadeloos op hom neerbak. Sy gemoed is deurmekaar, want Anna se gedempte snikke het hom erg ontstel. Hy voel skuldig, maar het die afgelope tyd aan haar belowe dat hy vir Lenie sal sorg en beskerm soos ’n moeder. Toe hy vir Anna gegroet het, het hy ver teruggedin­k aan sy kinderjare toe sy vader hom moes wegbring na Klawer se stasie. Sy moeder se hartseer die oggend toe sy hom groet, is nog helder in sy geheue. Deur haar snikke het sy hom vasgehou en gesê: “My kind, mag God jou behoede daar in die vreemde.” Hy was maar nege jaar oud. Lenie roer en begin kerm op sy rug. By die loerduintj­ies soek hy na die groot suurtaaibo­s. In die skaduwee lê hy haar neer en maak haar droog. Hy druk die bottel bokmelk wat Anna gegee het vir ’n wyle in die warm sand voor hy dit vir haar gee. Ná ’n tydjie hoor hy hoe sy gulsig suig. Hy glimlag toe haar vingertjie­s om sy growwe pinkie krul. “Toemaar, Oompie sal sôre dat jy elke aand ’n bottel bokmelk kry,” fluister hy vir haar.

Die middag toe Gert met die kosbare bondeltjie by hul sinkhuisie op Dikgat instap, was daar groot vreugde. Gert was opgewonde en het soos ’n broeis hen om haar gekloek. Hy het die groot verantwoor­delikheid van kind grootmaak besef en hom voorgeneem om haar liefde en beskerming te gee wat van ’n ouer verwag word.

Lenie het ’n omwentelin­g in die lewe van die vier blinde broers teweeggebr­ing. In die steenhuisi­e langs die rivier het Jacob en Anna swaargekry, want hul gesin het groter geword en hul diere het gevrek van die droogte. Jacob was genoodsaak om op die kopermyne te gaan werk.

Een naweek het Jacob en sy gesin op Dikgat kom kuier en die Saterdagog­gend vroeg het hy die duin uitgeklim na die sinkhuisie. Om die tafel het almal gesit en eet en Lenie was op Gert se skoot. Sy het so gelukkig gelyk. Nadat hulle gegroet het, het hy vir Gert eenkant geroep. “Boeta, ons moet praat oor Lenie . . . sy moet kort-’n-dag skool toe.”

Gert se gesig het verbleek. “Kan sy nie maar Grootmis toe gaan nie? Ek sal sôre dat sy elke naweek huis toe kom.” Jacob was egter beslis. “Sy moet op Nababeep kom skoolgaan en deel word van ons gesin.” Gert het soos ’n standbeeld bly staan en kon nie ’n woord uitkry nie. “Boeta, ek en Anna het saam so besluit.” (Word vervolg)

Gert Sarrisam (Engelbrech­t) boer op die plaas Sarrisam buite Garies. Talle boeke en kontreisto­ries uit sy pen het al verskyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa