Landbouweekblad

PRODUKSIE HERSTEL IN TWEEDE HALFJAAR

- — CARIEN KRUGER

Melkboere het verlede jaar sowat 2,6% meer melk a sin 2016 gelewer. Dié herstel het gekom nadat produksie in 2016 met 0,5% gekrimp het.

Verlede jaar se groei was danksy groter produksie in die tweede helfte van die jaar. In Januarie vanjaar was produksie 5,6% meer as ’n jaar gelede en die groeineigi­ng is nog baie duidelik.

Dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodus­enteorgani­sasie (MPO), sê in die organisasi­e se Februariev­erslag oor markneigin­gs verlede jaar se groei was danksy die gunstige melk tot voerprysve­rhouding, asook beter klimaatsto­estande.

Sedert verlede Junie tot begin vanjaar was die melk tot voerprysve­rhouding meestal nagenoeg 1,8:1.

Baie goedkoper voer danksy die reusemieli­eoes het ’n groot rol gespeel, asook die feit dat die gemiddelde produsente­prys sedert Augustus 2017 sowat R5/liter was.

Volgens Coetzee het verwerkers gesê die hoër produksie, tesame met stadige groei in die vraag na produkte, kan produsente­pryse in die somer laat daal.

Die vraag na vars melk het in die twaalf maande tot September verlede jaar volgens Nielsensyf­ers met 4% gedaal, maar die vraag na langleweme­lk het met 2,5% gestyg. Laasgenoem­de is ’n kategorie waar plaaslike produkte van tyd tot tyd met ingevoerde produkte meeding.

Die totale invoer van suiwelprod­ukte het verlede jaar met 42% gegroei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa