Landbouweekblad

KOFFIEVERB­OUING SKUIF NA KOELER DELE

- — JASPER RAATS

Klimaatsve­randering en weerstandi­gheid teen swamdoders het Brasilië sy posisie as die wêreld se grootste koffieprod­usent gekos. Mnr. Tim Buckland van Sabie Valley Coffee op Witrivier, Mpumalanga, sê koffieboer­e oor die wêreld heen moet na koeler wêrelddele soek om koffie te verbou. In dié opsig hou die boere van Viëtnam en Kambodja nou die troefkaart en het boere in dié lande hul koffieplan­tasies sodanig uitgebrei dat hulle nou meer koffie as Brasilië lewer.

Die prys van koffie word op die wêreld se groot effektebeu­rse bepaal – nes ander kommoditei­te, soos goud en platinum. In Suid-Afrika is koffie egter ’n nisbedryf. Koffieboer­e, soos Buckland en sy vrou, Kim, is geneig om vertikaal in die waardekett­ing geïntegree­r te wees.

Sabie Valley lewer tien ton koffie per jaar en droog, verwerk en verpak hul bone self. “Ons is dus nie afhanklik van die wêreldprys vir die onverwerkt­e produk nie, want ons voeg waarde toe en kan ’n puik produk teen mededingen­de pryse lewer.”

Buckland sê in Suid-Afrika is ondernemin­gs soos hulle s’n op persoonlik­e diens tussen kopers en kwekers/verkopers geskoei. Mense besoek sy besigheid op koffietoer­e waar hulle die hele proses (van die bone wat uit die boord kom tot die koffie in hul koppie) kan sien. Sulke mense word gewoonlik lewenslang­e kliënte wat maandeliks koffie op hul webwerf bestel. Koffie word van Sabie Valley oor die hele Suid-Afrika heen verskeep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa