Landbouweekblad

TROFEE-SPRINGBOK VIR R1,5 MILJOEN OPGEVEIL

-

’N TROFEE-SPRINGBOK was die duurste stuk wild op die jaarlikse veiling van me. Tina de Jager se Valley Venture en genooide verkopers wat by Bela-Bela aangebied is.

Die R1,5 miljoen wat mnr. Hennie Barnard, bekroonde wildboer van Skietfonte­in by Aberdeen vir die ram opgedok het, bewys dat gehaltedie­re altyd kopers lok wat groot bedrae betaal, ten spyte van ’n bedryf wat tans nie buitenspor­ig hoë pryse behaal nie.

Die verkoper was mnr. Julian Theron van Jules of the Karoo in die distrik Richmond, wat verlede jaar ’n rekordprys van R1,55 miljoen vir nóg ’n spogram behaal het. Barnard se aanwins het horings van 18¾" (links) en 18⅛" (regs). Die omtrek van die basis aan albei kante is 6¼". Volgens Theron is die ram die springbok met die grootste horings wat nog op ’n veiling aangebied is. Sy horings is simmetries. Die ram van tussen drie en vier jaar kom uit Theron se ramkamp waar die ramme eers uitgroei voordat hulle begin teel.

Twee van Jules of the Karoo se ander springbokr­amme het onderskeid­elik R200 000 en R175 000 behaal.

Die veiling wat deur Wildswinke­l aangebied is, het ’n omset van R18 267 500 behaal. ’n Njalabul van Valley Venture het ’n allemintig­e R1,4 miljoen behaal, terwyl ander njalas teen R105 000 tot R200 000 verhandel is. ’n Buffel van Oos-Afrika-herkoms het R1,1 miljoen rand behaal. Pryse vir swartwitpe­nse het van R225 000 tot R300 000 gewissel.

— JOHAN NORVAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa