Landbouweekblad

BITTERSOET UITSLAG VIR VYFSTER-VEILING

-

HY het op beter pryse gehoop, sê mnr. Dries Visser, ’n bekende wildboer van Thabazimbi. Tog is hy nie ontevrede met die pryse wat hy vir sy wild op die Vyfster-veiling by Bela-Bela gekry het nie. Met ’n omset van nagenoeg R26 miljoen sê Visser ’n mens kan sien daar is nog onsekerhei­d in die mark. Van sy genooide verkopers het byvoorbeel­d besluit om hul diere terug te hou nadat baie mooi Zambiese Matetsi-swartwitpe­ns-kruisdiere skaars R35 000 stuk gehaal het.

“Ek neem hulle nie kwalik nie,” sê Visser."Dit is die eerste kalwers van ’n topbul wat baie meer werd sal wees in die verkoper se eie teelprogra­mme.”

Visser se Wes-Zambiese swartwitpe­nse wat bekend is om hul swart maskers het egter goeie pryse behaal. Carla (met horings van 35"), ’n dogter van Madonna (wat self met ’n horingmaat van 37⅛" spog) het R240 000 behaal. Gina, ’n Zambiese swartwitpe­nskoei wat dragtig is van Busanga, ’n Zambiese bul met horings van langer as 50", het R210 000 gehaal.

Mnr. Peter Bellingan van Tambotie Floodlands het as genooide verkoper vir die eerste keer van sy teelmateri­aal op ’n veiling beskikbaar gestel.

Sy buffels het goeie pryse behaal, met The Don, ’n sewejarige bul met ’n horingwydt­e van 47½" en bogemiddel­de spiergewig, wat R2,6 miljoen behaal het. Zara, ’n koei (met horings van 37½ ") wat dragtig is van Sentala – ’n bul met ’n horingwydt­e van meeras50"–issaammet’nbulkalf van hom teen R2,7 miljoen verkoop.

Visser sê die veiling was vir hom ’n goeie aanduiding dat die vraag na teelmateri­aal meer gesofistik­eerd geraak het en dat kopers kieskeurig is oor waarop hulle hul geld uitgee."Die besonderse diere het goeie pryse behaal, al is dit nou nie vyf jaar gelede se pryse nie.”

Visser sê hy bly optimistie­s oor die wildbedryf. Hy het boere aangemoedi­g om die standaard van hul boerderypr­aktyke te verhoog sodat dit nie ’n gaping laat vir omgewings- en jagorganis­asies wat Suid-Afrika oor sy wildteelpr­aktyke wil kritiseer nie."Daar is ’n ongunstige beeld van ons in die buiteland en ons moet dit regstel,” sê Visser.

— JASPER RAATS

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Dries Visser se swartmaske­r-swartwitpe­nse was gewild onder kopers op die Vyfster-veiling en het beter pryse as ander swartwitpe­nse behaal. Gina, ’n Zambiese koei wat dragtig is by Busanga, ’n Zambiese bul met horings van meer as 50 duim, het...
FOTO: VERSKAF Mnr. Dries Visser se swartmaske­r-swartwitpe­nse was gewild onder kopers op die Vyfster-veiling en het beter pryse as ander swartwitpe­nse behaal. Gina, ’n Zambiese koei wat dragtig is by Busanga, ’n Zambiese bul met horings van meer as 50 duim, het...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa