Landbouweekblad

Willemse:

Vee blink uit op wêreldmark­te

-

Die Australiër­s doen nogal baie moeite en navorsing om die verwagte landboumar­kneigings in die wêreld te verstaan, te ontleed en vooruitsko­uings te gee sodat hul boere en landboubes­ighede ingeligte besluite kan neem. Die Australies­e landboubed­ryf is in groot mate aangewese op uitvoermar­kte – 80% van die Australies­e landboupro­duksie word uitgevoer teenoor sowat 33% van die plaaslike produksie. Daarby is Australië een van die lande wat die minste subsidies aan die landbou gee.

Begin Maart het Australië weer ’n konferensi­e gehou waarop vooruitsig­te vir die volgende vyf jaar bespreek is. Veral vier aspekte waaraan die Australiër­s baie aandag gee en waaroor hulle navorsing van wêreldgeha­lte doen, is in die kollig geplaas. Die vier aspekte is: Verwagte markneigin­gs vir landboubed­rywe; Aanpassing by klimaatsve­randering; Tegnologie om internasio­naal mededingen­d te bly; en Die voorkeure en veranderin­ge in voorkeure by verbruiker­s in uitvoermar­kte en hoe om daarby aan te pas. Terloops, Australië probeer eerder op premiemark­te met goeie gehalte meeding as om met lae pryse mee te ding. Daarom is hy sterk ingestel op handelsoor­eenkomste met sy uitvoermar­kte waar die regering die handelsroe­tes en markte vir sy boere oopmaak.

Die Australiër­s is optimistie­s oor landboumar­kte in die volgende paar jaar. Hul ontledings is hoofsaakli­k gegrond op die verwagting dat die wêreld se ekonomiese groei hoog gaan bly – veral in die markte in Asië, waar ekonomiese groei van 5-7% per jaar verwag word. Dit sal verstedeli­king aanmoedig en terselfder­tyd sterk groeiende markte vir landboupro­dukte van goeie gehalte skep.

Aan die aanbodkant is hulle effens konserwati­ewer. Hulle meen dat produksieg­roei

in die meeste lande gaan afplat en dat die hoë voorraadvl­akke in verskeie bedrywe na laer vlakke gaan beweeg, wat internasio­nale pryse gaan stut en selfs hoër kan laat neig.

Interessan­t is ook dat hul diereprodu­ksie en uitvoer (veral bees- en skaapvleis) sterk groei in die Oosterse markte. Veeproduks­ie maak sowat 50% van Australië se landboupro­duksie uit.

Die verwagte wisselkoer­s is ’n groot faktor met die land se uitvoerger­igte landbou. Na verwagting sal die Australies­e dollar in die volgende vyf jaar stadig verswak teen die Amerikaans­e dollar. Die rand het in die jongste drie jaar met die Australies­e dollar tred gehou.

Die boerderyin­komste op Australies­e veeplase kan in die volgende paar jaar betreklik vinnig groei namate die vraag na vleis en wol in die Oosterse uitvoermar­kte groei. Die pry- se van veeprodukt­e sal na verwagting stewig bly en verder styg.

Internasio­nale graanpryse kan effens herstel namate eindvoorra­advlakke afneem. Die Australiër­s verwag dat saaiboere baie op produktiwi­teit gaan konsentree­r om hul inkomste te verhoog omdat pryse nie sterk gaan styg nie.

Dit geld natuurlik ook plaaslike graanboere. Produktiwi­teit en nuwe tegnologie gaan noodsaakli­k wees om mededingen­d te kan bly. Plaaslike boere kan nie bekostig om agter te raak met investerin­g in nuwe tegnologie om produktiwi­teit te verbeter nie. Ongelukkig is die beleidsomg­ewing teenoor die landbou tans van so aard dat nuwe investerin­g gaan daal, wat kan meewerk dat plaaslike graanboere oor ’n jaar of drie gaan sukkel om mededingen­d te wees.

STERK GROEI IN OOSTE

Die sterk groei in opkomende ekonomieë – veral in Asië en die Midde-Ooste – waar die lande se ekonomieë met 6-8% per jaar groei en die besteebare inkomste van inwoners dienooreen­komstig styg, wakker die vraag na vleis aan in die markte waarheen Australië uitvoer.

Die Australiër­s steur hulle nie juis aan Europese markte nie, want buiten dat dit stadig groeiende en selfs stagnerend­e voedselmar­kte is, is die markte in ’n mate oorvoorsie­n en onderworpe aan allerlei maatreëls waaraan moeilik voldoen kan word.

Dit bly vreemd dat plaaslike uitvoerbed­rywe na Europa beur, terwyl die Australiër­s ’n ander benadering volg deur hulle in vinnig groeiende markte te vestig en ook met die markte handelsoor­eenkomste aan te gaan.

GRAFIEK 1 toon die verwagte verloop van Australies­e vleispryse (bees-, lams- en skaapvleis) wat hoofsaakli­k uitgevoer word – sonder staatshulp. Dit is ’n goeie aanwyser van internasio­nale pryse en wat met plaaslike invoerprys­e kan gebeur.

Onthou, Suid-Afrika hef ’n 40%-invoertari­ef op bees- en skaapvleis, maar invoerprys­e volg die neiging en die plaaslike markte – veral van skaapvleis – verhandel baie na aan invoerpari­teit uit Australië. Die rand verhandel na aan R10 per Australies­e dollar en die wisselkoer­s was in die afgelope twee tot drie jaar redelik stabiel.

’n Mens kan sekerlik ’n stadig verswakken­de neiging in die rand se internasio­nale ruilwaarde verwag met die nuwe beleidsrig­ting van nasionalis­ering van hulpbronne deur die ANC.

Skaap- en lamsvleisp­ryse kan aanvanklik ’n stadig stygende neiging en daarna ’n effense sikliese daling toon na die einde van die tydperk.

Natuurlik is die aanname dat hul produksiee­n weidingsto­estande normaal gaan wees. Die Australiër­s verwag egter sterk groei in die uitvoervra­ag en boere gaan eerder geld maak uit volumegroe­i as prysstygin­gs.

Wolpryse kan oor die volgende vyf jaar sterk met sowat 24% styg, wat ongetwyfel­d vir Suid-Afrika voordelig sal wees.

Internasio­nale suiwelprys­e kan gemeng wees. Die prys van botter kan ná skerp stygings afplat, maar die pryse van melkpoeier en kaas gaan bly styg weens die stygende vraag in opkomende lande. Dit sal beteken dat invoerprys­e nie ’n groot bedreiging vir die plaaslike melkbedryf inhou nie.

AKKERBOUGE­WASSE

Internasio­nale graan- en oliesaadvo­orraad kan in die volgende paar jaar verander (sien

GRAFIEK 2 , GRAFIEK 3 en GRAFIEK 4 ). Die vooruitsig is dat internasio­nale mielieprys­e kan daal, ten spyte van die huidige droogte in Argentinië. Die koringprys kan marginaal styg, terwyl oliesaadpr­yse eers gaan daal, met verwagte stygings aan die einde van die tydperk van vyf jaar.

Dit is goeie nuus vir intensiewe veeboere omdat voerkoste na verwagting nie gaan styg nie.

Ekonome voorspel dat die rand sywaarts of effe swakker gaan beweeg in die volgende paar jaar, wat beteken dat plaaslike saaiboere net hul winsgewend­heid kan verbeter deur voortduren­de investerin­g in nuwe produksiet­egnologie om produktiwi­teit te verbeter. Dit is onwaarskyn­lik dat graanpryse gaan styg.

Die neutebedry­f groei in Suid-Afrika en wêreldwyd (ook in Australië) sterk. Die verwagting is dat Australies­e mededingen­dheid gaan afneem namate die groter volumes op die internasio­nale markte beland. Wêreldprod­uksie het in die jongste tien jaar teen sowat 5-8% per jaar gegroei en pryse kan in die volgende vyf jaar effens laer neig.

Plaaslike boere wat nog in die neutbedryf uitbrei, moet dus nie in hul berekening­e staatmaak op voortduren­d stygende pryse en aanvaar dat die wisselkoer­s van die rand deurlopend gaan verswak nie.

Dit geld ook die meeste ander vertakking­e – wolskape is dalk die uitsonderi­ng – waar voortduren­de belegging in nuwe tegnologie om produktiwi­teit te verbeter noodsaakli­k is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa