Landbouweekblad

Suksesrese­p?

Maak water duurder

- — LUCILLE BOTHA

DIE Regering het nie ’n keuse nie as om die hand diep in die sak te steek om oplossings op die kort termyn vir die waterkrisi­s in die Wes-Kaap te vind.

Die volgende stap is egter om verbruiker­s bewus te maak van die waarde van water deur hulle daarvoor te laat betaal.

Dít is die mening van prof. Eilon Adar, waterweten­skaplike van Israel. Adar, voorsitter vir hidro-geologie en droë sones by die Mark Zuckerberg-instituut vir waternavor­sing en die Ben Gurion-universite­it van die Negev-woestyn, was die spreker op watersemin­are in die Paarl en Robertson. Die seminare is deur die Israeliese handelskan­toor en Legacy Water Solutions aangebied.

“Politici is verplig om drinkwater aan die publiek te verskaf. Dit is die 21ste eeu en jy kan nie mense van water ontneem nie. Daar is boonop deesdae verskilne lende lewenstand­aarde. Dit gaan nie net oor drinkwater nie, maar ook oor water om huishoudin­gs mee te bestuur. Politici sal oplossings op kort termyn móét vind, al is dit duurder. Jy betaal ook as jy niks doen nie – en die Regering het voorheen niks gedoen nie,” het hy gesê.

VERANTWOOR­DELIK

Adar sê Jan en San Publiek moet ook meer verantwoor­delik en doeltreffe­nd wees wanneer hulle water gebruik. Watergebru­iksdoeltre­ffendheid is in die algemeen baie laag in stede, soos Kaapstad.

“Ek sal egter nie staatmaak op vrywillige oplossings nie. Dit sal die een of ander tyd deur owerhe-

de afgedwing móét word.

“Jy sal tog nie die petrolpyp net laat loop as jy klaar jou motor se tenk volgemaak het nie, want jy betaal daarvoor. Waarom sal jy dus die water laat loop terwyl jy jou tande borsel?

“As mense betaal vir water, sal hulle dit anders gebruik.”

Hy het verwys na doeltreffe­nde waterverbr­uiksprakty­ke in Israel, waar hulle poog om die hoeveelhei­d eindverbru­ikers vir dieselfde water te verhoog. ’n Visboer sal byvoorbeel­d die verrykte water uit sy visdamme gebruik om waterlelie­s of alge vir die uitvoermar­k te kweek of dit aan ’n buurman verkoop om dadels of olywe mee te besproei.

“In my land betáál boere vir water en daarom het hulle ’n goeie idee wat die waarde daarvan is. Vir die landbou kos drinkwater US$0,40 (ongeveer R4,83) per m3. Behandelde rioolwater is effens goedkoper, teen US$0,30 (R3,62) per m3.”

NIE HELDER

Die landbou moet dus maniere vind om afloopwate­r te gebruik, want die druk op munisipali­teite gaan vorentoe net toeneem.

“Ek glo nie die toekoms is te helder nie. Die volgende drie, vier geslagte gaan selfs ’n droër klimaat ervaar.

“Ondersoek dus nou al ál die alternatie­we oplossings en vind een wat jul ekonomie en toestande die beste pas,” was sy raad.

‘Ondersoek dus nou al ál die alternatie­we oplossings en vind een wat jul ekonomie en toestande die beste pas.’

 ??  ?? Prof. Eilon Adar
Prof. Eilon Adar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa