Landbouweekblad

Visboerder­y:

Staat en boere haaks oor ’indringer’-forelle

- — JASPER RAATS

HENGELAARS, boere en toerismebe­sighede wat hul inkomste uit forelhenge­l verdien, is op die oorlogspad nadat die Departemen­t van Landbou en Omgewingsa­ke vroeër aangekondi­g het dat hy reënboog- en bruin forel as indringers­oorte tot die Biodiversi­teitswet se lys van uitheemse en indringers­oorte gaan voeg.

Belanghebb­endes is bekommerd dat hierdie stap die einde van die bedryf kan beteken. Mense wat by die bedryf betrokke is, het só heftig gereageer dat die departemen­t vroeg in Maart ’n verklaring uitgereik het om sy standpunt te verdedig.

“Forelle is indringers in geskikte water in Suid-Afrika en daar is geen wetenskapl­ike bewyse tot die teendeel nie,” sê die departemen­t. Die departemen­t het verduideli­k dat dít is waarom verskeie staatsdepa­rtemente en instelling­s, waaronder die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, almal aanbeveel dat forel as indringer op die lys geplaas moet word.

Die forelbedry­f is bekommerd dat dit die einde van dorpe, soos Dullstroom in Mpumalanga, kan beteken waar byna die hele ekonomie op toerisme met besoekende forelhenge­laars as die fokus geskoei is.

KOMMER OOR TOERISME

Een hengelaar, mnr. Ian Cox van Natal, het op ’n sosiale netwerk vir hengelaars geskryf dat omtrent 5% van alle binnelands­e toeriste wat KwaZulu-Natal elke jaar besoek, daar kom vlieghenge­l. “Die oorgrote meerderhei­d van dié hengelaars is forelhenge­laars,” sê hy.

Dit kom neer op 209 500 besoeke aan KwaZulu-Natal met vlieghenge­l as die doel van die besoek. Die besteding van dié besoekers is na raming meer as R232 miljoen per jaar.

Cox en ander belanghebb­endes is bekommerd dat die departemen­t se besluit om forel as indringers op die lys te plaas dié lonende nis in die toerismebe­dryf sal vernietig.

VERSPREIDI­NG BEPERK

Die departemen­t wys egter daarop dat hy beplan om forel as ’n kategorie 2-indringers­oort op die lys te plaas. Dit beteken dié vissoort kan met ’n permit benut word, nes die bosboubedr­yf toegelaat word om sekere uitheemse boomsoorte aan te plant en te benut. Daar sal op gebiede ooreengeko­m word waar hierdie kategorie 2-soorte aangehou mag word.

Die departemen­t sê sy klem lê eerder daarop om die verspreidi­ng van dié soorte te voorkom as om hulle uit te roei. Visteelsta­sies sal kan aansoek doen om ’n 40-jaar permit. Toerismebe­stemmings waar forel in damme vrygelaat word, sal ook moet aansoek doen om permitte.

Die departemen­t sê hy wil nie forelle uit damme verwyder in die gebiede waar hulle reeds gevestig is nie. Daar sal egter druk op die forelbedry­f wees om aan te pas.

Die departemen­t sê sy besluit behoort nie ’n nadelige impak op die forel-waardekett­ing te hê nie en glo dit is die regte besluit om dié vissoorte as indringers op die lys te plaas.

 ??  ?? Boere is bekommerd oor ’n nuwe bepaling oor forel wat die lonende hengelmark kan skaad.
Boere is bekommerd oor ’n nuwe bepaling oor forel wat die lonende hengelmark kan skaad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa