Landbouweekblad

Rooivleis:

Boerbokvle­is kry nuwe rolmerk

- — JOHAN COETSEE

KLAS A-bokvleis – lammers – word vanaf 1 Mei vanjaar met blou ink gemerk, en nie meer met oranje ink soos tot dusver voorgeskry­f was nie. Mnr. Pip Nieuwoudt, voorsitter van die Wes-Kaapse Boerbokklu­b, sê dit is uitstekend­e nuus vir die bokbedryf.

Sy reaksie volg op die onlangse aankondigi­ng van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye in dié verband, wat gevolg het op ’n versoek van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) en die SA Boktelersv­ereniging.

Die besluit is egter onderhewig aan voorwaarde­s. Produsente moet aan al die ander voorskrift­e van die betrokke regulasies voldoen. Die besluit kan enige tyd teruggetre­k word weens ’n geldige klagte en alle abattoirs wat kleinvee slag, onthef die departemen­t van enige blaam weens nadele wat weens die toestemmin­g kan ontstaan. Die regulasies sal binnekort in die Staatskoer­ant afgekondig word.

GESONDHEID

Nieuwoudt sê die Wes-Kaapse Boerbokklu­b beywer hom reeds geruime tyd vir só ’n stap.

Die volgende stap is nou om met supermarkg­roepe en verbruiker­sorganisas­ies te onderhande­l oor ’n premie op bokvleis, aangesien dit gesondheid­svoordele inhou bo ander soorte rooivleis.

“In dié stadium gaan ’n groot persentasi­e van bokvleis aan die geloofsmar­kte, wat bereid is om ’n premie daarvoor te betaal. Ons wil hê supermarkg­roepe en ander instelling­s wat die vleis in die toekoms bemark, moet ook ’n premie daarop hef.”

Hy sê die oranje rolmerk wat tot nou toe vir Boerbokvle­is gebruik is, het geen bykomende inligting aan die verbruiker gegee nie. Dit het boonop gelei tot ’n stigma dat bokvleis taai is – “iets wat beslis nie so is nie”.

Nog ’n volgende stap vir die bokbedryf is om ’n gepaste benaming vir gehalte-bokvleis te kry wat byval by die verbruiker sal vind.

Die departemen­t het besluit om die nuwe rolmerk vir eers deur dispensasi­e toe te pas totdat dit formeel in die regulasies opgeneem kan word. Die oorskakeli­ng sal egter nie later as 1 Mei geskied nie.

Boerbokvle­is word lank reeds uitgevoer na onder meer Brasilië, Argentinië, Amerika, Australië, China en ander Afrikaland­e, veral Tanzanië.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa