Landbouweekblad

Geldsake:

Stelsakepl­an voorop in onsekere tye

- — FREDALETTE UYS

BOERE moet eerder hul sakeplan agtermekaa­r kry as om bekommerd en bedruk te raak oor die huidige politieker­y oor onteiening sonder vergoeding. Boere se sakeplan moet reg wees sodat hulle weet waarheen hulle in die volgende 15 tot 20 jaar op pad is met hul boerdery.

Dit was die boodskap van prof. Johan Willemse, bewese landbou-ekonoom en gerekende rubriekskr­ywer, op die onlangse Glenconnor-boeredag by Kirkwoord in die Oos-Kaap.

Hy het gesê boere moenie te veel tyd daaraan bestee om hulself oor kwessies soos grondhervo­rming te kwel nie. “’n Besigheid is gebou om vorentoe te gaan. Ek weet van boere wie se besighede tot niet gegaan het omdat hulle hulle te veel met drama, detail en probleme bemoei het.

“As jy wil vorentoe gaan in die landbou, met oop landsgrens­e, die veranderen­de ekonomie en tegnologie, sal jy aan die resies moet deelneem. Jy kan nie kaalvoet aan die Olimpiese Spele deelneem nie.”

DIÉ DRIE DINGE

Hy sê daar is drie dinge waarop boere eerder moet konsentree­r: om geld te maak, produktief te wees en te vernuwe.

“As dit wat jy doen in jou boerdery nie hierby inpas nie, is jy besig met die verkeerde dinge.”

Hy sê dit is belangrik om vooruit te beplan en reg te wees vir enige geleenthei­d, en ook om by veranderin­g aan te pas. “Konsentree­r op jou einddoel en bestuur jou risiko’s.”

Daarby moet boere onthou dat die landboubed­ryf siklies is en dat boere hulself moet voorberei op produktepr­yse wat styg en daal, en dat dieselfde die kliEen maat geld. “Pleks daarvan om belasting in ’n goeie jaar te betaal, skep ’n reserwefon­ds waar jy jou wins kan bêre vir swak jare.”

Verder is klimaatsve­randering ’n ononderhan­delbare faktor in enige boer se sakeplan. “Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se risikovers­lag vir 2018 is uiterste weersomsta­ndighede die grootste risiko vir besighede. Dit is nou deel van ons lewe en ons moet daarvolgen­s beplan.”

WEES REALISTIES

Hy sê boere moet grondhervo­rming in hul beplanning inwerk, maar hulle moet ook realisties wees. “Ek glo nie die kwessie gaan boere binne die volgende jaar laat ophou boer nie. As jy produktief is en jy lewer voedsel, is jy veilig.”

Wat transforma­sie betref, sê Willemse is grondeiena­arskap nie die enigste manier hoe boere hul werknemers kan bemagtig nie. Landbou-unies het verskeie bemagtigin­gsplanne waardeur boere bevoordeel kan word. “Jy moet net jou kop verander en aanpas.”

van die grootste probleme, glo Willemse, is uitgawes aan belasting. Hy meen boere moet hul ondernemin­gs reg strukturee­r daarvoor. “As jy nie bereid is om jou ouditeur te betaal sodat jy die minimum belasting kan betaal nie, gaan jy jou boerdery verloor.”

WEES PROAKTIEF

Volgens Willemse moet boere self besluit hoe hulle mededingen­d in die wêreld gaan bly, want die Regering gaan hulle nie finansieel bystaan of hulle teen goedkoop invoer beskerm nie. “Hoe gaan jy mededingen­d bly en hoe gaan jy op jou eie voete staan?”

Daarby moet boere hul klant definieer. Hulle moet die mark waarvoor hulle lewer, deeglik ondersoek. “Boere sê vir my hier (in Suid-Afrika) is nie ’n mark nie. Daar is tans sowat 35 000 boere met ongeveer 50 miljoen stedelinge wat kos moet kry.”

Daar sal minstens vir die volgende 20 jaar ’n mark wees vir veral rooivleisp­rodukte weens die verwagte toename in die middelklas.

Daarby sal boere meer met minder moet regkry om voedsel te lewer.

‘Daar is tans sowat 35 000 boere met ongeveer 50 miljoen stedelinge wat kos moet kry.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa