Landbouweekblad

Op facebook

-

BTW OP VLEIS Dink jy hoendervle­is behoort van BTW vrygestel te wees? Die hoenderpro­dusent Astral voer aan hoendervle­is behoort ook in die mandjie van basiese voedselpro­dukte te wees waarop geen BTW gehef word nie.

Anna Venter skryf: Nee. Wat maak ’n hoenderboe­r beter as ’n bees-/skaap-/vark-/melkboer. Dan moet rooivleis ook vrygestel word, want net soos hoenderboe­re meen enige ander boer ook dat sy produk in die verbruiker se mandjie hoort.

Sophia Lüscher-Geldenhuys

skryf: Ja, daar is baie gesinne wat onder die broodlyn lewe. Wat met ’n maandeliks­e inkomste van R3 000 ’n gesin moet voed en skoolonkos­te het benewens dinge, soos kos, klere en skoene.

Johann Horn skryf: Koop minder slaai en goedjies, dan wen jy op die BTW vir meer brannas.

Jakobus Myburgh skryf: Alle regeringsb­elasting op voedsel is diefstal, ’n misdaad teen die mensdom en die burgers van Suid-Afrika. Dit sluit brandstof en vervoer in.

Thys Groenewald skryf: Ek is van mening dat ten minste een proteïen vrygestel moet wees. (Dalk is daar waarvan ek nie weet nie.) Daar is reeds al ’n klompie stysels.

Heidi Lundie skryf: Hoenders, skape en bokke behoort vrygestel te wees van BTW. Hulle hoef nie te betaal nie.

Ponie Poggenpoel skryf: Ja, beslis, want die meeste SA burgers gebruik dit daaglikse as deel van hul daaglikse voedingsmi­ddele.

Jurg en Christina Becker

skryf: Hoendervle­is is nie ’n stapelvoed­sel nie. Sal ook nooit (wees nie). Dit is net een van die goedkoop proteïene. Mieliepap is wel. Dit is hoekom dit van BTW kwytgeskel­d is.

Frikkie van Eeden skryf: Wat rou hoendervle­is betref, JA. Maar dit moet net nie geld vir verwerkte produkte nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa