Landbouweekblad

‘ESKOM GEVOELLOOS TEENOOR KLIËNTE’

-

Wat staan ’n kliënt van Eskom te doen wanneer Eskom besluit om kliënte te ignoreer?

In Februarie is ’n groep boere in die Beaufort-Wes-omgewing weer vir 22 uur lank sonder elektrisit­eit gelaat.

By navraag per e-pos aan mnr. Alwie Lester, hoof van Eskom in die Wes-Kaap, was daar geen reaksie nie.

Die betrokke lyn is 47 jaar oud en op die punt om om te val weens ’n gebrek aan instandhou­ding. Daar is geen dienspad nie. Eskom-tegnici moet noodgedwon­ge oor plaasheini­ngs klouter om foute op te spoor.

Hierdie situasie is ook vroeër per e-pos aan Lester gerapporte­er.

Hoekom word die lyn nie in stand gehou nie en hoekom is daar geen dienspad om die lyn gereeld te patrolleer nie? Die landbouers op hierdie lyn betaal immers ’n diensheffi­ng van 52% voor enige krag verbruik word.

Daar is ook in die distrik Beaufort-Wes verneem dat voorafbeta­alde elektrisit­eit wel aan die landbou beskikbaar gestel kan word en reeds voorsien word. Navrae aan Lodine Redelinghu­is van Eskom in Bellville wat met hierdie aspek gemoeid is, het niks opgelewer nie.

Dit is heel duidelik dat Eskom se skakeling met die landbou beperk is tot kennisname en geen skakeling nie.

As ’n kliënt net eenheidsko­ste betaal het, is dit dalk te verstane, maar siende dat maandeliks­e heffings betaal word, het kliënte die volste reg om vrae te vra. JOHN THEUNISSEN Beaufort-Wes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa