Landbouweekblad

Is jou testament geldig?

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com.

Wanneer ’n testament betwis word, is die beste getuie, naamlik die testateur, waarskynli­k dood. Roep dus kundiges se hulp in wanneer jy jou testament opstel en onderteken, en maak seker die korrekte prosedures word van die begin af gevolg. Dit kan later baie trane spaar.

Jou testament is een van die belangriks­te dokumente wat jy sal onderteken. Tog blyk dit uit hofverslae dat testamente, of dokumente wat voorgee om testamente te wees, gereeld betwis word. Sommige van die meer algemene gronde waarop testamentê­re geskrifte aangeval word, is die nienakomin­g van formele vereistes, onbehoorli­ke beïnvloedi­ng en bedrog, en testamentê­re kapasiteit. In die Suid-Afrikaanse reg moet die persoon wat die ongeldighe­id van ’n testament beweer, dit op ’n oorwig van waarskynli­khede bewys.

FORMELE VEREISTES

Die Wet op Testamente (Wet 7 van 1953) stel sekere formele vereistes vir ’n geldige testament, byvoorbeel­d hoe die dokument onderteken moet word en wie as getuies mag teken. Die wet is in 1992 gewysig om aan die hof ’n diskresie te gee om die Meester te kan gelas om ’n dokument as ’n testament te aanvaar al is die formele vereistes nie nagekom nie.

Dit is egter nie ’n algemene diskresie nie en net sekere dokumente sal in aanmerking kom. Gebruik dus ’n kundige by die opstel en onderteken­ing van jou testament om latere dispute te vermy.

BEÏNVLOEDI­NG EN BEDROG

Testamente word soms betwis op grond daarvan dat die dokument vervals of onregmatig verander is, of dat die handtekeni­nge vervals is. Die gebruik van kundiges by die opstel en onderteken­ing van die testament kan later baie help, maar wat van ’n latere vervalste dokument wat voorgee om die oorledene se testament te wees? Handskrifd­eskundiges is al met vrug in sulke gevalle gebruik, maar kom teen ’n prys.

Onbehoorli­ke beïnvloedi­ng behels meer as net vleitaal of aanmoedigi­ng. Die onregmatig­e optrede moet grens aan bedrog of dwang. Daar moet ernstige beïnvloedi­ng van die vrye wil van die testateur wees.

Elke saak word op sy eie feite beoordeel. Waar ’n testament byvoorbeel­d tydens ’n ongeneesli­ke siekte opgestel of drasties verander word, kan die teenwoordi­gheid van kundige, objektiewe getuies van groot waarde wees.

TESTAMENTÊ­RE KAPASITEIT

Die testateur moet die verstandel­ike vermoëns hê om die aard en gevolge van sy handeling te begryp. Hy moet verstaan dit is ’n testament wat opgestel of onderteken word. Indien vermoed word dat die testament moontlik op hierdie grond aangeval kan word, is dit raadsaam om ’n bevoegde mediese persoon, soos die huisdokter, teenwoordi­g te hê by die onderteken­ing van die testament.

BUITELANDS­E BATES

Weens globaliser­ing en die diversifik­asie van bates en beleggings bou testateurs dikwels buitelands­e boedels bo en behalwe hul plaaslike bates op. Sodanige testateurs word dikwels aangeraai om ’n testament spesifiek vir die buitelands­e bates op te stel.

Hoewel dit nie gronde bied om die geldigheid van ’n testament aan te val nie, gebeur dit soms dat hierdie testament alle vorige testamente herroep. Waak dus teen algemene klousules soos “Hiermee herroep ek alle vorige testamente en kodisille . . .” wat dikwels in die aanhef van ’n testament gebruik word.

Die testateur moet bewus wees van verpligte vererwing wat in sommige jurisdiksi­es deel van die erfreg uitmaak. Waar in Suid-Afrika ’n groot mate van testeervry­heid bestaan en ’n testateur byvoorbeel­d sy kinders kan uitsluit, is dit nie oral die geval nie. Weer eens kan voorafgaan­de kundige advies moontlik toekomstig­e koste en ongelukkig­heid spaar.

Die inligting in hierdie rubriek word nie bedoel as of kom nie neer op finansiële of enige ander advies nie. Dit neem nie u persoonlik­e finansiële omstandigh­ede in ag nie. Raadpleeg ’n geakkredit­eerde finansiële adviseur of makelaar vir ’n volledige finansiële plan om u finansiële doelwitte te bereik.

Me. Karen van der Poll is ’n regsadvise­urspesiali­s vir Old Mutual Makelaardi­enste in die Wes-Kaap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa