Landbouweekblad

Bespreek nou vir opleiding

Die Melkprodus­ente-organisasi­e bied talle kursusse aan. Besoek sommer vandag sy webwerf vir nog inligting.

-

Die MPO-opleidings­instituut bied verskeie kursusse aan. Sommige daarvan maak deel uit van Melk SA se projekte en is gerig op werkers, toesighoue­rs en bestuurder­s op melkplase. Van die kursusmate­riaal is ook geskik vir werknemers en bestuurder­s by beesplase en voerkrale, en sluit in:

Melkproduk­sie – Dié program gee aandag aan alle aspekte wat belangrik is vir melkplaasw­erkers om goed te kan funksionee­r.

Diereverso­rging – Basiese diereverso­rgingprakt­yke en praktiese demonstras­ies.

Kunsmatige inseminasi­e – Basiese teelprakty­ke vir plaasdiere en basiese KI-praktyke.

Sosiaal-ekonomiese bemagtigin­g – Basiese kennis van die ekonomies en landboupro­duksie-bestuurspr­aktyke in die vryemarkom­gewing word gegee.

Trekkerond­erhoud – Wanneer leerders dié program voltooi het, sal hulle ’n trekker kan bestuur, daaglikse onderhoud uitvoer en voldoen aan die wetlike vereistes vir die hantering van ’n trekker.

Beginsels vir gesondheid en veiligheid by melk- en veeproduks­ie – Dié vaardighei­dsprogram kyk na die toepaslike seksies van die Suid-Afrikaanse Wet op Beroepsges­ondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993).

Veehanteri­ng in die voerkraal – Observasie en hantering in die voerkraal en sekere behandelin­gs en inspeksies.

Voerkraalb­estuur – Diergesond­heid, voer, behandelin­g en bestuurspr­aktyke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa