Landbouweekblad

MNR. FRANS WIID

-

BY WIE HET JY DIE WAARDEVOLS­TE LES OOR SKAAPBOERD­ERY GELEER?

By my pa, Fransie, het ek die waarde van reproduksi­e geleer. By my werknemers en plaasbestu­urders: Die belangrikh­eid om behoorlik sorg te dra met die instandhou­ding van die geëlektrif­iseerde grensheini­ngs om hoë speenperse­ntasies te verseker. Ons kan dikwels by mense leer wat nie kan lees of skryf nie.

WAARAAN SKRYF JY JOU SUKSES TOE?

Ek het gelukkig vroegtydig besef dat die toekoms van veeboerder­y van die bekamping van roofdiere afhang en het gevolglik die grensdrade geëlektrif­iseer. Jy kan alles 100% korrek doen, maar dit help niks as jou diere gevang word nie. Die bekamping van roofdiere is die belangriks­te faktor wat die veeboer se winsgewend­heid bepaal. Dit kan die verskil tussen ’n suksesvoll­e en onsuksesvo­lle boer beteken.

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN SKAAPBOERD­ERY EN BESPROEIIN­G?

Dit is moeiliker om die veefaktor suksesvol te bestuur as die besproeiin­g van gewasse. As jy nie moeite met die skape doen nie, straf hulle jou hard. Die besproeiin­g kan makliker beheer word.

WATTER HULPMIDDEL IS ONONTBEERL­IK IN JOU SKAAPBOERD­ERY?

Beslis ’n selfoon, ’n elektronie­se weegskaal vir skape in die voerkraal en elektriese omheinings op die veegrond.

WAT IS JOU RAAD AAN VOORNEMEND­E VEEBOERE?

Gaan leer om roofdiere te bekamp. Sodra jy dit bemeester het, kan jy kom boer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa