Landbouweekblad

Streef na goeie balans in kudde

Die eienaar van die Charolais-elitekoei streef na ’n geneties doeltreffe­nde kudde met ’n balans tussen goeie vleiseiens­kappe en lae onderhouds­koste. Hy verduideli­k hoe hy sy kudde bestuur.

-

Genetiese vordering is noodsaakli­k vir enige stoetboer. ’n Mens gaan immers nie vooruit as jy stilstaan en met bulle en koeie teel wat nie nageslag voortbring wat beter as hulself is nie. Dít is die beleid van mnr. Dewald van der Merwe, eienaar van die Elitekoei wat die Charolaisr­as vanjaar in Landbouwee­kblad en SA Stamboek se Elite-platinumko­eikompetis­ie verteenwoo­rdig. Die algehele wenner word op 30 April tydens die Bloemskou aangewys.

Dewald boer op die familiepla­as Vlakplaas by Lichtenbur­g. Sy familie is sedert 1987 in die stoetveebe­dryf. Sy pa, Fanie, het toe met Brahmane begin teel. Later het Dewald se broer, Werner, sy eie Brahmansto­etery begin. Toe Dewald in 2011 begin boer het, het sy keuse op die Charolais geval en sy stoetery as Dubbel B Charolais geregistre­er. Hy het ook ’n Brahmansto­etery, Ruby Brahmane.

Dewald het die grade B.Com. en B.Com. Hons. aan die Noordwes-Universite­it verwerf om hom as geoktrooie­erde rekenmeest­er te bekwaam. Hy is tans die finansiële be- stuurder by Tacet Transport op Lichtenbur­g.

Dewald, ondervoors­itter van die Charlolais-beestelers­genootskap, het die Elitekoei, CZ 06/38, in 2014 by mnr. Willie Jacobz van Davel gekoop. Sy is nou twaalf jaar oud en het nege kalwers grootgemaa­k – die afgelope vier in Dewald se kudde. Haar tussenkalf­periode (TKP) is 380 dae. Ses van die nege kalwers is vir keuring aangebied en ál ses is aanvaar.

PUIK TEELWAARDE­S

Die Elitekoei se teelwaarde­s is 117 vir melk en 112 vir kalfgroei (sien die TABEL ).

In sy seleksiebe­leid streef Dewald na ’n geneties doeltreffe­nde kudde met ’n balans tussen goeie vleiseiens­kappe en lae onderhouds­koste. Die kudde bestaan tans uit 53 vroulike diere van drie jaar en ouer en het ’n gemiddelde TKP van 399 dae.

Die beeste word op twee plase, Vlakplaas by Lichtenbur­g en Gemsbokvla­kte by Vryburg, bestuur. Op Vlakplaas (drakrag 5 ha/ GVE) is die helfte van die weiding aangeplant­e smutsvinge­rgras en die res rooigras. Op Gemsbokvla­kte (dragkrag 9 ha/GVE) is daar net natuurlike weiding bestaande uit verskeie soetveldsp­esies.

STRENG SELEKSIE

Dewald is besig met kuddebou en pas streng seleksie toe. Verse en bulletjies word met speentyd vir strukturel­e korrekthei­d en vleiseiens­kappe geëvalueer. Hul speenindek­se moet aan rasstandaa­rde voldoen. Kalwers wat uitval, word as speenkalwe­rs bemark.

Verse word op 12-18 maande oud vir keuring aangebied. Op twee jaar selekteer hy vir potensiële stoetbulle, wat verkoop word ná een of twee dektye in sy eie kudde.

Die vroulike diere op Vlakplaas word meestal kunsmatig met semen van buitelands­e bulle geïnsemine­er om die kudde se genetiese waarde te verbeter.

Hy is besig om na een dektyd oor te skakel omdat ’n dektyd van Desember tot April sy omgewing en bestuur die beste pas. Die diere kalf dan van September tot Januarie.

LEKKE EN DIEREGESON­DHEID

Dewald gee in die somer ’n foslaatlek ad lib vir die beeste. Hy meng die lek 1:1 met ’n sak sout om die inname te beperk. In die winter word ’n droëveldle­k voorsien om seker te maak hulle bly in ’n goeie kondisie om weer dragtig te raak. Die bulle kry dieselfde lekke en word ook die laaste vier maande voor die veilings op die veld gevoer.

Hy ent die hele kudde jaarliks teen spons-, lam- en miltsiekte in. Die beeste word kwartaalli­ks teen parasiete behandel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa