Landbouweekblad

Erf stamboom en verdien prestasie

Daar is ’n gesegde wat lui ’n stamboom word geërf, maar prestasie word verdien. Dit is die geval met Namibië se Bonsmara-Elitekoei wat tussen Kalaharidu­ine loop.

-

Ver in die ou Kalahari boer dr. Joggie Briedenhan­n (inlas regs bo) met Bonsmaras, op ’n plaas waar die sandduine elke paar honderd meter rooi strepe trek. Tussenin is daar danksy hierdie boer se versigtige beweidings­beleid pragtige, wuiwende grasvelde.

Joggie, eienaar van die Hartebeest­loop-boerdery by Stampriet, is in 2017 as Pick n Pay, Landbouwee­kblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon. Hy lê klem op die waarheid dat ’n boer ’n goeie dier kan koop, mét ’n goeie stamboom, maar hoe daardie dier dan op sy plaas presteer, is suiwer sy eie verantwoor­delikheid, wat nie gekoop kan word nie.

Die Bonsmarako­ei wat as Namibië se finalis vir dié ras aangewys is, VBB 07/0302, se stamboom aan vaderskant gaan al die pad terug na die bekende Arcadia Bonsmarabu­lle, AG 96-0059 en AGJ 008. Aan moederskan­t kom sy uit wyle mnr. Bokkie van der Merwe se stoetery en Bonsmara-genepoelly­ne.

“Haar prestasies spreek duidelik uit die inligting in die . Die belangrike koeiwaarde-seleksie-indeks van 124 toon die koei se ekonomiese en genetiese verdienste duidelik. Haar waarde kan ook gesien word in die kalf aan haar sy,” sê Joggie.

Al haar verskalwer­s is in die kudde teruggehou en presteer uitstekend.

Dit is algemeen vir die effens geleriger diere om beter te presteer in die versengend­e hitte van die Kalahari met sy lae, wisselvall­ige reënval. Op Hartebeest­loop word kondisiete­llings gereeld gedoen en sy is een van die koeie wat konstant ’n bogemiddel­de telling in haar groep behaal. Lae-insetkoste-koeie, soos VBB 07/0302, is die hoeksteen waarop die Bonsmarara­s gebou is, meen Joggie. Sy is goed aangepas vir die omgewing, gehard en vrugbaar met genoeg melk. Dit is die derde keer in die vierjarige bestaan van die Elite Platinum-koeikompet­isie dat Hartebeest­loop die wenkoei oplewer. Joggie het ook in 2015 en 2016 gewen.

HELE STRING PRESTASIES

Die hoofstroom­boerdery is sowat 700 Bonsmarast­oetkoeie, waarvan 200 poenskopko­eie deur DNS bevestig is dat hulle die poenagene dra. Seleksie vir vrugbaarhe­id en uitstekend­e reproduksi­evermoë is eie aan die kudde en word streng toegepas.

Hartebeest­loop Bonsmaras was in 2013, 2014, 2015 en 2016 die Landbounav­orsingsraa­d se Nasionale Vleisbeesv­erbetering­skudde van die Jaar (vir kuddes buite Suid-Afrika).

Die kudde het in 2013, 2014, 2015 en 2016 Elite Platinum-status by SA Stamboek verwerf. Joggie se boerdery is in 2014, 2015 en 2016 ses keer as die Namibiese vleisverwe­rking-en-bemarkings­maatskappy Meatco se verskaffer van die maand aangewys, gegrond op die gehalte van die diere wat vir slagdoelei­ndes aangebied word.

Die kudde het ’n gemiddelde ouderdom met die eerste kalf van 27 maande en ’n gemiddelde tussenkalf­periode van 388 dae. “Goeie naspeense groeivermo­ë is in die kudde vasgeteel,” sê Joggie.

“Ons streef daarna om die optimale hoeveelhei­d vleis per hektaar op die doeltreffe­ndste wyse moontlik te lewer. Daarvoor is ’n geharde, aangepaste en hoogs vrugbare koeikudde nodig.”

Hy doen pelvismeti­ngs op alle verse en bulle. Dit verseker nie net die gemak waarmee koeie kalf in sy eie kudde nie, maar ook dat almal wat diere by hom koop, dié eienskap by hul kuddes inbring. Alle bulle ondergaan ’n groeitoets in ekstensiew­e toestande met die samewerkin­g van die Namibiese ministerie van landbou, water en bosbou, en onder die vaandel van SA Stamboek.

Joggie hoop vleisgehal­te sal binnekort ’n rol in die vleisprys speel. Hy wil mediumraam­diere teel met ’n goeie gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame, ’n uitstekend­e veldvoerom­settingsve­rhouding en topvleisei­enskappe.

 ?? FOTO’S: EUGENIE BRIEDENHAN­N ?? Die Elitekoei, VBB 07/0302, by haar agtste kalf.
FOTO’S: EUGENIE BRIEDENHAN­N Die Elitekoei, VBB 07/0302, by haar agtste kalf.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa