Landbouweekblad

“Dit was groot opwinding toe ons skuilname in Landbouwee­kblad verskyn en ons talle briewe ontvang – tot groot vermaak van al ons maats.”

-

vra om die seniors op die kampus te leer ken.

“Onwetend beland Peter en Christo saam in dieselfde koshuis op Kovsies – hulle was vroeër saam in die laerskool op Aberdeen. Hul paaie kruis dus weer in 1985 en Christo vra aan Peter watter meisie hy vir die sokkie uitgevra het. Peter sê Elmie Olivier. Christo skrik hom yskoud en vra Peter hoe hy my ken. Peter vertel hom dat ons saam op hoërskool was. Christo vra Peter om my aan hom voor te stel as ons mekaar by die sokkie sien.

“Peter wil by my weet hoe Christo my ken en ek vertel hom van die briefwisse­ling. Tussen twee liedjies, terwyl ons wag vir die musiek om weer te begin speel, beland ek en Peter en Christo en sy metgesel langs mekaar. Peter stel ons aan mekaar voor en ek weet nie wie die skaamste was nie. Christo maak dadelik verskoning dat hy nog nie die beloofde melkskomme­l gekoop het nie.

“Die Sondag ná die sokkie het ek saam met die kerk ’n uitreikbed­iening na die Oranje-hospitaal bygewoon. Met my terugkeer, kry ek ’n briefie in my poshokkie waarin Christo sê dat hy wou kom koffie drink het. Ek was baie opgewonde en kon nie wag dat hy weer kom nie.

“Maandag het hy weer kom kuier, maar so met ons gesels het ek besluit dat hy net té goed en gaaf is en dus nie opreg is nie. Ek wou niks met hom te doen hê nie. Hy het hom egter nie van stryk laat bring nie en aanmekaar kom kuier. Hy het gevra dat ek net een aand saam met hom uitgaan, daarna sal hy my uitlos. Die daaropvolg­ende naweek het ons gaan uiteet en fliek.

“Met ons terugry koshuis toe, het hy my ingelig dat hy met my gaan trou! Hy het gesê dat hy sal wag totdat ek vir hom lief raak. Ek het hom gesê dat hy sy lewe gaan om wag, maar dat ek NIE met hom gaan trou nie. Hy het hom egter nie daaraan gesteur nie en elke dag kom kuier. Ek het gesien dat hy werklik goed en gaaf en opreg is. My hart het ál hoe sagter geraak en ek het verlief en verslaaf geraak aan hom.

“Ons het in Maart ’n vaste verhouding begin, op 16 Mei 1987 in ons finale jaar verloof geraak en is op 1 Julie 1988 getroud. Dis nou 2018 en dus 30 jaar ná ons ontmoeting en ons is meer verlief en verslaaf aan mekaar as ooit tevore. Drie kinders en ’n kleinkind later beleef ons elke dag die seën van die Here.”

Elmie is ’n pastorale berader en sy bestuur haar eie praktyk. Christo is besturende direkteur van die Sernick-maatskappy en was in 2016 ’n finalis in die Boer van die Jaar-kompetisie. Die Faasens woon 15 km buite Edenville, tussen Kroonstad en Heilbron.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa