Landbouweekblad

WES-KAAPSE WHISKY SLAAN SLAG VIR SA

- — LUCILLE BOTHA

DIE wêreld se beste enkelgraan­whisky word op Wellington in die WesKaap gemaak, en is boonop die enigste whisky op aarde wat van SuidAfrika­anse mielies gestook word.

Bain’s Cape Mountain Whisky

het onlangs Skotse, Ierse, Amerikaans­e, Japannese én Taiwannese deelnemers op hul neus laat kyk by die Wêreldwhis­kyprysuitd­eling in Londen toe dit as die wêreld se beste graanwhisk­y aangewys is.

Mnr. Andy Watts, ’n voormalige beroepskri­eketspeler, is aangewys as internasio­nale ikoon vir sy rol as stoker en vir die versnyding van die whisky. Hy het tien jaar lank gewerk om die whisky te ontwik kel. Dit is in 2009 bekend gestel.

BOURBON-VATE

Die whisky ondergaan vyf jaar lank ’n unieke dubbelvero­udering in vate wat voorheen vir Amerikaans­e whiskey (bourbon) gebruik is. Danksy SuidAfrika se warmer klimaat vind die wisselwerk­ing tussen die hout, spirituali­eë en lug betreklik vinnig plaas. Die whisky het derhalwe vroeg ’n volronde smaak.

Watts, ’n Brit wat in die 1980’s krieket in SuidAfrika afgerig het, is deur die destydse Stellenbos­se Boerewynma­kery (deesdae Distell) Skotland toe gestuur om te gaan leer whisky maak.

Sedert 1991 maak die maatskappy whisky by die James Sedgwickst­okery op Wellington, waar Bain’s Cape Mountain Whisky en Three Ships Whisky vandag gesetel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa