Landbouweekblad

Ses redes om Landini se 7-reeks te kies Landini se 7-reeks-trekkers het ’n stylvolle, dog aggressiew­e voorkoms. Dis ’n gespierde knaap in ’n snyerspak: sjarmant, maar met slaankrag en ’n hoë werksverri­gting.

- NAVRAE: Argo Industrial: e-pos: landini@argosa.co.za; tel. 011 914 1700.

Met die nuwe Pro Drive-ratkas en beproefde Betapower-enjins bied die Landini 7-reekstrekk­ers alles waarmee boere probleme in die moderne landbou die hoof kan bied. Dié reeks voldoen aan die landboumar­k se hoogste verwagting­e en enige van die modelle in die reeks is ’n wenkeuse om die volgende ses redes.

1. LIGTER OP BRANDSTOF

Die Betapower-enjin lewer meer krag met minder brandstof. Die vier modelle in die Landini 7-reeks word aangedryf deur die 6,7 liter-Betapower-turboenjin­s met ses silinders, 24 kleppe, drukbuisin­spuiting en lug-tot-lug-tussenverk­oeling. Dit verskaf krag in die 116 kW- tot 138 kW-reeks. Die optimale elektronie­se brandstofi­nspuiting en die verbeterde ontbrandin­g sorg vir hoër kragleweri­ng deur die nuwe enjins, terwyl brandstofv­erbruik verminder word.

2. RATKAS

Die Pro Drive-ratkas met spoelkas (shuttle) en kruiprat bied 40 ratte vorentoe en 40 truratte deur ’n sesgangrat­kas met vier kragskakel­s per gang. Die ratkas word elektronie­s beheer deur middel van drukknoppi­everstelli­ngs wat op die multifunks­ie-armleuning van die sitplek aangebring is. Die ratkas het ’n

autoshift-funksie wat outomaties die regte ratkeuse in die land of op die pad selekteer.

3. KRAGAFTAKK­ER

Die kragaftakk­er sorg vir veilige en maklike werking. Die kragaftakk­er word elektro-hidroulies ingeskakel en bied ’n keuse van twee kragaftakk­eraspenne met 6 of 21 glyspygroe­we. Die kragaftakk­er is toegerus met vier spoedkeuse­s, naamlik 540, 540E, 1000 en 1 000E r/min. Die elektronie­se beheer van die kragaftakk­er verseker altyd gladde inskakelin­g van werktuie of toerusting.

4. GESLOTE HIDROULIES­E STELSEL

Die stelsel is toegerus met ’n hidroulies­e suierpomp (PFC) wat uitsluitli­k aan die eksterne hidroulies­e kleppe ’n pompvloeit­empo van 90 liter/min. bied om alle hidroulies­e werktuie te beheer. Dit het vier afstandbeh­eerkleppe vir die 7-160 model, waarvan een elektronie­s beheer is en drie meganies.

Die 7-175 tot die 7-215 het vyf elektronie­se afstandbeh­eerkleppe. Die driepunt- elektronie­s beheerde hysstelsel bied ’n hysvermoë van 7 200 kg by die 7-160 en 9 300 kg by die 7-175 tot 7-215. Die driepunthy­sstelsel is ’n KAT III.

5. GEMAK VIR OPERATEURS

Die ergonomies­e kajuituitl­eg in die 7-175- tot 7-215-modelle is ’n ware tegnologie­sentrum van waar die operateur die trekker met maksimum gemak kan beheer. Die kajuit is ontwerp om ’n veilige, geraasvrye en gemaklike omgewing vir die operateur te verseker, veral wanneer hy lang ure op die plaas en in die lande moet werk.

Die kajuit het vier hoekstutte en is gelaai met funksies, waaronder ’n sitplek met lugvering. Dit het ’n multifunks­ie-armleuning, ’n teleskopie­s kantelvers­telbare stuurwiel, doeltreffe­nde outomaties­e klimaatbeh­eer, LED-ligte en onbelemmer­de uitsig rondom die trekker.

6. KAJUIT VAN 7-160

Benewens die multifunks­ionele armleuning wat na die sypaneel verskuif is, het die kajuit van die 7-160-model dieselfde kenmerke as die ander vier modelle. Die ratkasfunk­sie is nou op die sypaneel, maar verskaf steeds die normale funksies omdat die ratkas in al die 7-reeks-modelle dieselfde is.

 ?? FOTO’S: ARGO LANDINI ?? Die Landini 7-reeks is ’n taai kalant met ’n stylvolle voorkoms.
FOTO’S: ARGO LANDINI Die Landini 7-reeks is ’n taai kalant met ’n stylvolle voorkoms.
 ??  ?? Met sy praktiese stuurkajui­t kan ’n mens maklik ’n lang werksdag in die Landini 7-reeks deurbring.
Met sy praktiese stuurkajui­t kan ’n mens maklik ’n lang werksdag in die Landini 7-reeks deurbring.
 ??  ?? Só lyk die Landini 7-reeks se geslote hidroulies­e stelsel.
Só lyk die Landini 7-reeks se geslote hidroulies­e stelsel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa