Landbouweekblad

Listeriose ‘punt van die ysberg’

- – JOYLENE VAN WYK

SUID-AFRIKA het geen verpligte kosveiligh­eidstandaa­rde vir verwerkte vleis nie – die waarskynli­kste oorsaak van die uitbreking van listeriose wat reeds 189 lewens geëis het.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het op ’n vergaderin­g van die gesamentli­ke portefeulj­ekomitee saam met die departemen­te van Gesondheid en van Landbou, Bosbou en Visserye by die Parlement gesê dit het nou duidelik geword dat sulke standaarde dringend opgestel moet word.

Intussen stel die Regering voor dat die fabrieke wat weens die uitbreking moes sluit, deeglik skoongemaa­k moet word sodat die siektevero­orsakende bakterieë vernietig word.

Me. Annette Steyn, DAskadumin­ister vir landbou, het gevra dat tussentyds­e standaarde onmiddelli­k opgestel en afgekon dig word sodat vleisverwe­rkers kan weet in watter mate fabrieke skoongemaa­k moet word, aangesien geen standaarde daarvoor bestaan nie.

“Daar moet ten minste tussentyds­e standaarde wees as ons nie die regulasies van die Europese Unie gebruik nie. Iets moet dadelik ingestel word. Jy kan nie net aan fabrieke sê: ‘Maak skoon tot zero nie.’ ”

RAMPSPOEDI­G

Op dieselfde vergaderin­g het dr. Andrew Magadlela, groepuitvo­erende hoof vir diereweten­skap by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR), gewaarsku dat listeriose net die ore van die seekoei is wat kosveiligh­eid betref. Ander voedseloor­draagbare mikroorgan­isames dreig ook om enige tyd toe te slaan.

“Ja, listeria is dalk die bakterie wat die meeste sterftes veroorsaak, maar daar is ander algemene soorte, soos salmonella, wat baie ongemak en verliese aan die ekonomie veroorsaak.

“Ons sal dit in berekening moet bring soos ons probeer om die patogene organismes te hanteer wat aangetref word in die kos wat ons eet.”

In navorsing wat die LNR in 2014 en 2016 oor patogene organismes in SuidAfrika­anse kos gedoen het, is meer as 2 000 monsters van vleis en vleisprodu­kte wat landwyd en by grensposte verkry is, ondersoek vir listeriaba­kterieë en ander voedseloor­draagbare siektes.

“Dit was skokkend wat ons gevind het. Daar was listeria in feitlik elke voedselpro­duksieeenh­eid, of dit nou ’n verwerking­saanleg, slaghuis of kettingwin­kel was. Dit is daar. Dit is daar in verwerkte vleis, dit is daar in rou vleis en vleis wat eetgereed is.

“Dit word ook gevind in groente, avokado’s . . . Dit is oral.” Hy het gesê dit kan ook in vee gevind word. Dit word egter nie in groot hoeveelhed­e in wildsvleis gevind nie.

Die bakterieë is ook oor al die provinsies versprei. “Die punt wat ons wil maak, is dat SuidAfrika as ’n land ’n groot probleem kan hê. Ons moet saamwerk sodat ons ons kos veilig kan hou,” het hy gesê.

 ??  ?? Dr. Rob Davies
Dr. Rob Davies
 ??  ?? Me. Annette Steyn
Me. Annette Steyn
 ??  ?? Dr. Andrew Magadlela
Dr. Andrew Magadlela

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa