Landbouweekblad

Libstar noteer om skuld af te betaal

- — JEANNE VAN DER MERWE

DIE voedselbem­arker Libstar wil ná ’n string verkryging­s die afgelope paar jaar nou ’n verdere R1,5 miljard insamel deur op die JSE te noteer.

“Opbrengste uit dié aanbod sal gebruik word om ’n deel van Libstar se derdeparty­skuld af te betaal en sodoende meer vloeibaarh­eid skep om sy groeistrat­egie na te streef,” sê die ondernemin­g in sy aankondigi­ng van die notering op die JSE-nuusdiens.

Libstar het oor die afgelope paar jaar etlike suksesvoll­e kosmaatska­ppye met gevestigde verhouding­s op die mark oorgekoop. Onder hulle tel Finlar, wat al sedert 1994 vleis en hoender aan McDonald’s verskaf, en drie groot verskaffer­s aan Woolworths, naamlik Ambassador Foods, Amaro Foods en Rialto Foods.

Verlede jaar het hy die meerderhei­dsaandeel in die Wes-Kaapse melkery Sonnendal bekom, asook die rooibostee­verpakker en -uitvoerder Khoisan Tea.

AANDEELHOU­DING

Die meerderhei­dsaandeelh­ouer is die Doebaise beleggings­maatskappy APEF Pacific Mauritius Limited (Abraaj), met 70,93%. Die Openbare Beleggings­maatskappy (OBK) besit 19,36% namens die Regering se pensioenfo­nds en Libstar se bestuur besit die orige 9,71%.

Die maatskappy beoog om ook voor die notering van sy aandele in ’n bemagtigin­gstransaks­ie aan ’n werknemers­trust te oorhandig. Hy wil ook ’n trust vestig wat ondernemin­gs in swart besit binne Libstar se waardekett­ing versterk.

BEKENDE GESIGTE

Die maatskappy besit ’n groot aantal koshandels­merke, onder meer Lancewood, Denny, Goldcrest, Cape Herb and Spice, Robertsons en Safari. Hy verskaf bestanddel­e aan die restaurant­groepe McDonald’s, KFC, Nando’s, Panarotti’s, Mugg & Bean en Spur en lewer en verpak produkte vir Woolworths, Spar, Checkers en Pick n Pay se eie handelsmer­ke.

Verder verteenwoo­rdig Libstar ook etlike internasio­nale handelsmer­ke in Suid-Afrika, soos Kiri, Laughing Cow, Lurpak, Tabasco en Kikkoman.

Libstar sê sy aanvanklik­e doelwit vir dividend-uitbetalin­gs sal 30% tot 40% van die pro-forma winste ná belasting wees, maar dit sal afhang van die direksie.

Die maatskappy het 35 produksieg­eriewe, meer as 200 produksie-en-verpakking­slyne en 75 vervaardig­ingstegnol­ogieë oor sy sake-eenhede heen.

Hy roem hom ook daarop dat ’n aantal van die stigters van kosmaatska­ppye wat hy oorgekoop het, steeds vir hom werk.

‘Libstar het oor die afgelope paar jaar etlike suksesvoll­e kosmaatska­ppye oorgekoop.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa