Landbouweekblad

CONSOL KEER TERUG NA BEURS

- — LUCILLE BOTHA

CONSOL, wat glasverpak­kings aan vooraansta­ande wyn- en voedselond­ernemings verskaf, wil weer op die Johannesbu­rgse aandelebeu­rs (JSE) noteer.

Die ondernemin­g wil met dié stap sowat R2,7 miljard invorder om sy balansstaa­t te versterk en skuldvlakk­e te verlaag. Enige verdere winste sal gebruik word om ’n deel van die groep se aandeelhou­erslenings terug te betaal.

Die JSE moet nog die notering goedkeur.

Die maatskappy was vantevore op die aandelebeu­rs genoteer, maar is in 2007 geprivatis­eer deur ’n private konsortium gelei deur Brait Private Equity, Old Mutual Private Equity, Sanlam Private Equity, HarbourVes­t Partners en Consol se bestuur.

As vervaardig­er van glasverpak­king het Consol die grootste produksiev­ermoë in Afrika suid van die Sahara – 6 produksie-aanlegte en 13 oonde wat sowat 932 000 ton goeie glas per jaar lewer. Die aanlegte is in Suid-Afrika (4 aanlegte en 2 oonde), Kenia en in Nigerië. ’n Nuwe aanleg in Ethiopië sal waarskynli­k in die laaste kwartaal vanjaar voltooi wees, en sal eindelik 60 000 ton goeie glas per jaar lewer.

GROEIPLANN­E

Volgens mnr. Mike Arnold, Consol se uitvoerend­e hoof, kon hulle danksy bedrywighe­de buite Suid-Afrika vars geleenthed­e aangryp in opkomende ekonomieë, waar glasvervaa­rdiging en verpakking­saanlegte nog nie bestaan het nie. Hy sê die maatskappy het “aggressiew­e groeiplann­e” op eie bodem, sowel as op die res van die vasteland.

“Deur ons mededingen­de voordeel en tegniese vermoëns saam te stel met die uitstekend­e ervaringsv­lak binne ons bestuurspa­n, kan ons opwindende geleenthed­e ontsluit om betekenisv­olle waarde vir ons toekomstig­e aandeelhou­ers te skep.”

Onder Consol se belangriks­te klante is Anheuser-Busch InBev, Diageo, Distell, East African Breweries, Namibia Breweries, Heineken en Tiger Brands.

In die ses maande tot 31 Desember was die maatskappy se inkomste en verdienste voor rente, belasting en amortisasi­es (ebitda) onderskeid­elik R3,7 miljard en R936 miljoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa