Landbouweekblad

VERWERKERS MOET ‘VRYWILLIGE’ REËLS VOLG TOT REGERING BYKOM

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Regering doen ’n beroep op vervaardig­ers van verwerkte vleisprodu­kte om die “vrywillige” standaarde binne bestaande wetgewing te volg terwyl die opstel van tussentyds­e standaarde vir sulke produkte nog onder bespreking is.

Dit volg nadat die Regering te kenne gegee het geen standaarde bestaan vir verwerkte vleis nie. Dié produkte word gekoppel aan die uitbreking van listeriose wat reeds tot 191 sterftes gelei het.

Die Departemen­t van Gesondheid het die bron van die uitbreking nagespoor tot produkte uit Enterprise Foods se verwerking­s- fabriek in Polokwane.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het versoek dat standaarde vir hierdie produkte so gou as moontlik opgestel word. Intussen sal die Regering hom moet wend tot standaarde binne die bestaande wetgewing om verbeterde voedselvei­ligheid te verseker.

NIE IN WET

Dr. Juno Thomas is hoof van die sentrum vir enteriese siektes by die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes. Hy sê die direktoraa­t vir voedselkon­trole van die Departemen­t van Gesondheid het in die Parlement aangedui daar is binne bestaande wetgewing mikrobiolo­giese beperkinge vir die Listeria monocytoge­nes in verwerkte vleis wat eetgereed is. Die gebruik van die beperkinge word uitgespel in die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) 885.

Sy verduideli­k in afdeling 27 en 28 van die Wet op Standaarde, Wet 8 van 2008, word aangedui hoe ’n standaard aangewend moet word. ’n Standaard word eers afdwingbaa­r wanneer daarna in wetgewing verwys word,

soos uitgespel in afdeling 28.

“SANS 885 word nie in die wetgewing gemeld nie daarom is dit ’n vrywillige standaard wat deur die bedryf ontwikkel en vir gebruik aangewend kan word.”

Volgens afdeling 2(1)b(i) van die Wet op Voedingsmi­ddels, Skoonheids­middels en Ontsmettin­gsmiddels van 1972 mag voedingsmi­ddels nie skadelike besmette patogene bakterieë bevat nie. Dit vereis dat die vlakke van die L. monocytoge­nes in produkte wat eetgereed is, soos verwerkte vleis, 0 cfu/25 g (kolonievor­mende eenhede per gram)

moet wees. Dis in ooreenstem­ming met die perke vir dié kosse wat in die Verenigde Nasies se Codex Alimentari­us vervat is.

EEN BRON

Thomas het ook aangedui dat L. monocytoge­nes se ST6-stam nog slegs by die Enterprise Foods’ produksiea­anleg in Polokwane gekry is. “Daar is geen bewyse dat daar meer as een bron van die uitbreking is nie.” Sy sê hoewel die Listeria-baterieë gevind is in sekere verwerkte vleisprodu­kte wat eetgereed is, wat deur ander kosleweraa­rs – soos RCL Foods – vervaardig word en ook in omgewingsm­onsters van die produksiea­anleg by RCL Foods op Wolwehoek, gevind is, is dit nié die stam wat vir die uitbreking verantwoor­delik is nie. Dit is ander stamme van die L. monocytoge­nes.

“Hoewel die teenwoordi­gheid van die L. monocytoge­nes, wat dus in dié produkte en produksiea­anleg gevind is, ’n gesondheid­srisiko is, word hulle nie geïmplisee­r as oorsaak van die siekte wat met die uitbreking verbind word nie,” sê Thomas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa