Landbouweekblad

BOERE MAAK VREDE MET BLOUKRAANV­OËLS

- — ALOUISE LYNCH

Bloukraanv­oëls wat weens habitatsve­rlies na plase trek, kan boerderywi­ns ’n knou gee. Toe dit egter blyk dat daar minder bloukraanv­oëls as renosters in Suid-Afrika oor is, het Overbergse boere met bewaringsi­nstellings saamgewerk om Suid-Afrika se nasionale voël te help bewaar.

Volgens die internasio­nale natuurbewa­ringsligga­am IUCN se rooidataly­s is die bloukraanv­oël kwesbaar. Die helfte van die totale vrylewende bloukraanv­oëlbevolki­ng word in die Overberg en Swartland aangetref, en bykans al die voëls loop op private grond.

Die Trust vir Bedreigde Dierelewe (EWT), wat navorsing oor dié voël behartig, het met die samewerkin­g van die Overbergse Kraanvoëlg­roep (OKG) ’n bewusmakin­gsveldtog aangepak sodat plaaslike boere ’n veilige heenkome vir die bloukraanv­oël kan bied.

Dit kom nadat grootskaal­se vergiftigi­ng deur veral boere in die 80’s en 90’s die bloukraanv­oëlbevolki­ng kwaai laat daal het. Hoewel groot getalle bloukraanv­oëls natuurlike plaagbestr­yders is deurdat hulle hul kos met insekte en rotte aanvul, vreet hulle graangewas­se en voer wat vir kuddes uitgesit is. Hulle kan ook groeiende gewasse vertrap.

Mnr. Keir Lynch, voorsitter van die OKG, sê hulle is dankbaar vir die boere se samewerkin­g.

Die grootste bedreiging vir voëls in die Overberg is botsings met oorhoofse kragdrade en verstrenge­lings in heiningsdr­aad. Boere lig die OKG in oor sulke voorvalle, wat dit aanteken en Eskom in kennis stel. Die opstel van vlaggies of geel metaalflap­pe op kragdrade maak dit dan meer sigbaar vir voëls. Met grondeiena­ars se samewerkin­g word probleemhe­inings ook óf verwyder óf meer sigbaar gemaak. Boonop vang en vervoer boere gereeld beseerde voëls na veeartse – dikwels op eie onkoste.

Mnr. Dirkie Uys, ’n boer van Komarsekra­al in die Rûens, sê hy kyk na die bloukraanv­oëls op sy plaas net soos hy na sy kuddes omsien.

“Die bloukraanv­oëls op ons plase is ons nalatenska­p. Hul bewaring is ons verantwoor­delikheid, want ek moet eienaarska­p van dít wat op my plaas is, aanvaar.

“Die bewaring van die voëls hou nie by my en my gesin op nie.

My plaasmense ken bloukraanv­oëls en weet waarvoor om hul oë oop te hou. Hulle hou jong, twee maande oue kuikens dop wat nie kan vlieg of wegkruip nie, want as hulle skrik, raak hulle in die drade verstrenge­l en moet gehelp word.

Dirkie sê die werkers help gereeld beseerde voëls. “Die plaasmense het selfs al van die voëls na my kinders genoem en is net so opgewonde oor die ses kuikens wat vanjaar op my plaas uitgebroei het as wat ek is.

“Ons is dit aan ons toekomstig­e geslagte verskuldig om seker te maak dat dié statige voëls voortbesta­an,” sê Keir. Die OKG doen ’n beroep op die publiek om botsings en verstrenge­lings aan te meld.

NAVRAE: E-pos: support@bluecrane.org.za; donate@bluecrane.org.za; SMS 084 369 0969.

 ?? FOTO’S: KINA JOUBERT ?? Meer as die helfte van die totale bloukraanv­oëlbevolki­ng is in die Overberg en Swartland te vinde. Bykans al die voëls word op private grond aangetref.
FOTO’S: KINA JOUBERT Meer as die helfte van die totale bloukraanv­oëlbevolki­ng is in die Overberg en Swartland te vinde. Bykans al die voëls word op private grond aangetref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa